Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Inspirasie
‘Grey Brak’ tevrede met uitslae ná groot terugslag

Ná 99 dae in die hospitaal en daarna nie een voldag op ’n skoolbank nie, glimlag Alex Els (18) van Grey Kollege in Bloemfontein breed oor sy matriekuitslae en universiteitsvrystelling.

Alex, sy broer en ’n vriend was op 11 Desember 2019 in ’n ernstige motorongeluk betrokke.

Alex is ernstig beseer en in die waakeenheid van die Mediclinic Bloemfontein opgeneem. Ná verskeie operasies het hy sy regterbeen verloor.

Terwyl sy klasmaats die eerste drie maande van hul 2020-matriekjaar met groot geesdrif aangepak het, het Alex daarop gefokus om gesond te word. Toe hy teen einde Maart uit die hospitaal ontslaan is, was die inperking weens die Covid-19-pandemie reeds in volle swang en was daar min sprake van terugkeer skool toe.

Alex Els sê een van die hoogte-punte van sy uitdagende matriek-jaar was sy skool se matriekaf-skeid, wat hy saam met sy vrien-din, Carla Viljoen, bygewoon het.

Alex sê sy skoolwerk het agterweë gebly en hy het behoor-lik gespook om in te haal. Om-dat die skool nie rolstoelvrien­delik is nie, kon hy ook nie saam met sy maats terugkeer na die klaskamer nie. Hy was afhanklik­ van onderwysers, studieleiers­ en vriende om in te haal en by te bly met sy akademie. Vir hom was dít ’n groot aanpassing.

Alex sê hy is heel tevrede met sy punte in die rekord- en die eindeksamen.

“Ek dink almal het verlede jaar ’n uitdagende jaar gehad. Al wat vir my moeiliker was, was om al die werk in te haal. Maar daar is ook ’n paar van my pelle wat selfs minder as ek geweet het wat in die boeke aangaan,” sê hy skertsend.

Die donker wolk wat oor verlede jaar hang, het vir Alex ’n hele paar silwer randjies danksy al die hoogtepunte vanjaar.

Alex het sy 18de verjaardag in die hospitaal gevier waar sy vriende hom verras het met ballonne, geskenke en sommer net ’n lekker kuier.

Hy het die presidentsverkenner-eerbewys, die Voortrekkers se nasionale eerbewys vir kulturele leierskap, ontvang en daarvoor erekleure by Grey Kollege verwerf.

Hy is ook aangewys as 2020 se Grey Brak. Dié prys word elke jaar toegeken aan ’n matriekleerling wat die beste voorstelling van ’n ware “Grey-gentleman” is.

Alex het besluit om vanjaar “af te vat” om tyd saam met sy gesin op die plaas deur te bring. Hy boer vanuit sy rolstoel saam met sy pa, Lombard, en broer, Rulof. Sy plan was aanvanklik om ’n geoktrooieerde rekenmeester of bourekenaar te word, maar omdat sy punte ’n bietjie verswak het weens die talle 2020-struikelblokke, besin hy nou oor die moontlikheid om van sy antwoordstelle te laat oormerk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.