Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Inspirasie
Hardwerkende atletiekster wil gee ná al die ontvang

Hulle is sewe mense in die huis en om in stilte te kan studeer, was nie altyd moontlik nie. Daarom het Bronwin Lee (18) alternatiewe planne gemaak – en terselfdertyd ’n aktiewe atletiekdroom aan die lewe gehou.

“Gelukkig het ek ’n juffrou gehad wat vir my ’n sleutel gegee het vir die biblioteek waar ek kon gaan leer wanneer dit te besig was by die huis,” sê sy.

Sy het pas matriek met universiteitsvrystelling van die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch geslaag.

“In my gr. 11-jaar was dit veral erg, want daar was baie steurnisse rondom die huis. Ek moes toe in die nag geleer het.”

Soms was sy van 07:00 tot 18:00 by die skool om skoolwerk te doen én atletiek te oefen. Sy het al die vrye tyd in die klas gebruik om haar huiswerk toe doen sodat sy ná skool kon fokus op atletiek.

“Atletiek is deel van ons familie en gene. Toe ek met skool begin het, het iemand vir my gesê: ‘Jy is ’n Lee, so jy moet kan hardloop.’

“Daar was altyd groot druk op die atletiekveld, want dit is die sport wat gehelp het om vir my ’n beurs te kry vir vanjaar én danksy my atletiek het ek plek en ’n beurs gekry by die Laerskool Stellenbosch.”

Sy is veral ’n uitblinker in die 200 m en 400 m.

Bronwin Lee by die Carnival by Weltevreden waar sy vakansies gewerk het om geld te verdien.Foto: Suzaan Potgieter

Maar met atletiek as ’n hoogtepunt in haar lewe, onthou Bronwin ook die laagtepunte.

“Ek en my suster is baie na aan mekaar, want sy het skool gelos om na my om te sien. Ná my geboorte het my ma kanker gekry en my suster moes alles los en instaan as my ‘ma’. Ná dit was ons hele familie geheg.”

Harde werk is ook iets wat haar ouers vir haar geleer het en sy hou daarvan om onafhanklik te wees en self geld te maak en sodoende haar ouers finansieel te help.

“Van jongs af het ek geleer jy moet hard werk vir geld en die goed wat jy wil hê. Dit is wat ek nog altyd doen! Maar ek kry ook baie hulp en ondersteuning van my familie en die onderwysers en my afrigter, Justine Palframan. Veral die onderwysers en coach Justine het gehelp met my universiteit-aansoeke en om plek vir my in ’n koshuis te kry.”

Sy werk al ’n geruime tyd by Carnival op die Weltevreden-landgoed in Stellenbosch waar sy kinders help oppas het en tydens die inperking verlede jaar het sy ook haar ma, wat ’n huishulp is, gehelp by haar werk.

“Ek hou daarvan om kinders op te pas en hulle te help. In gr. 9 het ek gaan werkskadu by ’n hospitaal en moes help in die kinderkamer. Ek het dit so geniet!”

Juis daarom gaan sy vanjaar onderwys studeer by die Universiteit Stellenbosch. “Ek glo jy moet gee om te ontvang. Omdat ek al so baie in my lewe ontvang het, hou ek daarvan om ander te help en te gee. Alles wat ek gekry het, is danksy die ongelooflike mense in my lewe wat my altyd ondersteun het,” sê sy met ’n groot glimlag.

Meer oor:  Stellenbosch  |  Matriek2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.