Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Inspirasie
Hy wil eendag kinders wys wat hul kán
Aidan Salie op Paul Roos Gimnasium se Markötter-rugbyveld, wat hy vanjaar baie gaan mis, sê hy.Foto: SUZAAN POTGIETER

As dit nie was vir die beurs wat Aidan Salie (18) by Paul Roos Gimnasium ontvang het nie, sou hy nooit al die rugbygeleenthede gehad het wat hom gehelp het nie.

Dié jong man van Macassar in Kaapstad is in gr. 10 na die Stellenbosse seunskool en vandag is hy ’n topklasrugbyspeler met ’n kop vol drome om ander te help.

Aidan speel tans vir die Maties Young Guns en hulle is nou op toer in Riversdal.

“My hoofdoelwit is om rugby te speel. Ek het nog nooit in my lewe gedink ek is goed genoeg in enigiets nie, veral nie rugby nie. Tot ek by Paul Roos aangesluit het,” sê hy.

’n Familievriend van sy oupa het gesien dat Aidan die poten­siaal het om iets groots met sy lewe te doen en het voelers uitgesteek by ’n kennis oor ’n moontlike beurs vir hom by Paul Roos.

“In daardie eerste jaar by Paul Roos het ek reeds vir die WP-span gespeel. Die skool het soveel deure vir my oopgemaak.”

Die feit dat hy in gr. 10 na ’n nuwe skool moes gaan, was ’n groot aanpassing, maar ’n goeie verandering.

Volgens Aidan is daar soveel dinge wat hy gaan mis van skool, maar 05:00 opstaan om ’n bus skool toe te vang, is nie een daarvan nie.

“Ek het gegaan van ’n skool waar ons 55 in ’n klas was na slegs 30 per klas. Dit was soveel beter vir my akademie – en my akademie het beslis baie werk gekort!” sê hy laggend.

Een van sy ander passies is krieket, maar sy vorige skool in Macassar het dit glad nie aangebied nie.

“Ek moes op die ouderdom van 13 vir ’n krieketklub speel met veel ouer mans. By Paul Roos kon ek dit gelukkig in my eie ouderdomsgroep beoefen.”

Volgens Aidan is daar soveel dinge wat hy gaan mis van skool, maar 05:00 opstaan om ’n bus skool toe te vang, is nie een daarvan nie.

“Die daaglikse pendel was uitputtend en soms moes ek ook ’n taxi neem na die optelpunt of huis toe as my ouers nog by die werk was.”

Volgens Aidan sou hy sonder Paul Roos en die konstante ondersteuning van sy ouers, ouma en oupa nooit gewees het waar hy vandag is nie.

“In my gemeenskap is dit baie skaars en spesiaal om nog twee ouers in jou lewe te hê en ek is baie dankbaar daarvoor.”

Hy sê sy gemeenskap is baie arm en het ook sy probleme, maar hy wil eendag graag kan terugploeg in die gemeenskap.

“As ek nie vanjaar kan studeer nie, wil ek die jaar afvat. En as al my planne vir studies faal, wil ek graag ’n afrigter word.

Hy sê sy gemeenskap is baie arm en het ook sy probleme, maar hy wil eendag graag kan terugploeg in die gemeenskap.

“Ek wil beslis eendag ’n afrigtingskliniek in my gemeenskap oopmaak. Al kan ek net een kind help, sal dit ’n verskil maak. Dit is belangrik om altyd die kinders in die gemeenskap te motiveer, want nie almal kry die geleenthede wat ek gekry het nie. Ek wil egter steeds vir hulle wys wat moontlik is,” sê hy.

Noudat Aidan matriek geslaag het, met ’n onderskeiding vir Afrikaans eerste addisionele taal, wil hy graag sport- of voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch studeer terwyl hy steeds rugby vir die Young Guns speel. Hy wag egter nog vir finale keuring vir sy studies.

Hy sal dan die heel eerste lid van sy familie wees wat universiteit toe gaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.