Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Inspirasie
Kenan wys hy kan vasbyt

Kenan Guenantin (19) van Bloubergstrand was aan die begin van sy matriekjaar baie bekommerd oor hoe hy al sy skoolwerk vir die jaar, asook die heen-en-weer-ryery na die skool sou hanteer.

Hy moes elke oggend 05:00 opstaan sodat hy vroeg genoeg met die bus na sy gewese skool, die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad, kon ry.

Kenan Guanantin het deurgedruk al was hy bekommerd oor sy skoolwerk en vervoer. Foto: VERSKAF

Gelukkig was Kenan se bekommernisse gou iets van die verlede toe hy in die middel van die jaar ’n borg kry om in die koshuis te bly.

Hy het matriek met toelating tot diplomastudie geslaag.

“Lauren Abrahams, een van my vriende saam met wie ek op ’n tyd sokker gespeel het, se ma het my gehelp om in die koshuis te kom. Ek was so bly daaroor, want dit was nie meer nodig vir my om so vroeg op te staan nie en ek het meer tyd gehad om op my skoolwerk te fokus. My ouers het vir my gesê ek moet hard werk en alles insit om te wys ek waardeer dit,” sê Kenan.

Alhoewel dit aanvanklik vir hom moeilik was om aan te pas in sy nuwe omgewing, het hy gou gewoond daaraan geraak. “In die begin was dit moeilik want ek moes aanpas by die koshuis se reëls. Ek kon nie net sommer my ma roep of bel as ek iets nodig gehad het nie. Maar ek het nou meer tyd gehad om te leer en dit was ook ’n geleentheid vir my om beter te doen in die eksamen.

“Ek het altyd net twee of drie ure gehad om te leer as gevolg van die ryery, maar nou kon ek alles insit,” voeg hy by.

Dit was nog altyd my droom om professioneel sokker te speel. Ek hoop ’n goeie span kan vir my ’n aanbod maak en vir my ’n goeie toekoms bied.

Kenan is ook ’n groot sokkerliefhebber en speel dit al van sesjarige ouderdom. Hy het ook gedurende sy vrye tyd jong seuns afgerig en leer sokker speel.

Hy is al die afgelope vier jaar by die Houtbay United Football Club en voeg by die klub speel ’n groot rol in sy lewe. “Hulle het my verlede jaar baie gehelp. Toe ek gedurende die heel eerste inperking nie altyd data gehad het om my werk te doen nie, het hulle my gehelp met data. Hulle het ook gesê dat ek daar by die klub kan kom werk as ek nie data het nie. Ek is baie dankbaar daarvoor.”

Kenan wil graag eendag ’n professionele sokkerspeler wees

“Dit was nog altyd my droom om professioneel sokker te speel. Ek hoop ’n goeie span kan vir my ’n aanbod maak en vir my ’n goeie toekoms bied. Maar vir eers gaan ek werk.”

Meer oor:  Kaapstad  |  Matriek2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.