Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Inspirasie
Kunssinnige Nosipho gryp haar geleenthede aan

Nosipho Ndlela, ’n matriekleerling wat soms haar huiswerk by kerslig gedoen het wanneer haar ouers nie geld vir elektrisiteit gehad het nie, droom daarvan om ’n grafiese ontwerper te word.

Dié 18-jarige inwoner van die Inanda-township aan die buitewyke van Durban het in haar gr. 8-jaar ’n beurs by Hillcrest High School losgeslaan waar sy haar skoolloopbaan voltooi het.

Maar Ndlela sê sy sou nie noodwendig akademies swakker by ’n township-skool gevaar het nie. Die beurs het haar wel meer geleenthede gebied, maar het tyd van haar weggeneem wat sy aan skoolwerk sou kon bestee.

Sy het elke skooldag douvoordag wakker geword om ’n saamrygeleentheid te kry na Hillcrest, wat aan die ander kant van Durban geleë is.

“Wanneer dit reën, oorspoel van die paaie en dan het dit nog langer geneem,” sê Ndlela.

In die aande sou sy pootuit, gewoonlik eers om 18:30, by die huis aankom.

Nosipho Ndlela (18) van Hillcrest High School in Durban, KwaZulu-Natal. Foto: Verskaf

“Soms was ek te moeg om huiswerk te doen. Ek sou dit baie keer in die middae doen wanneer ek vir my saamrygeleentheid wag,” sê sy.

Tog sou sy enige township-leerling wat ’n beurs aangebied word, aanraai om dit te vat.

“Dit vergroot jou wêreld en jy leer baie van ander mense. Daar is ook baie geleenthede wat jy andersins nie sou kry nie.”

Sonder om te huiwer, sê Ndlela sy is nie die wiskunde-soort nie. Sy hou van kuns en teken. As kind het haar broer dié passie by haar aangewakker, maar sy het dit tot onlangs net as ’n stokperdjie beskou.

Maar Ndlela het besef sy moet haar passie najaag en het besluit om volgende jaar grafiese ontwerp by die Universiteit van KwaZulu-Natal te studeer.

Sy sê vinnig haar ouers, wat nie universiteit toe kon gaan nie, kan haar nie voorsê wat om te studeer nie.

Hoewel Ndela se ouers trots is op haar en haar ondersteun, voel Ndlela hulle bied nie die soort ondersteuning wat van haar ander klasmaats se ouers bied nie.

“My ouers was heeltemal verras toe hulle hoor van die beurs. My ma verstaan nie die uitdagings waardeur ek gaan nie en kon my nie met huiswerk help nie,” sê Ndlela.

Sy sê sy verwag nie te hoë punte nie, maar gegewe haar uitdagings sal sy tevrede wees met universiteitstoelating.

Meer oor:  Durban  |  Matriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.