Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Inspirasie
Laataandstudies dra Rhowayda deur
Rhowayda Arendorff (18), verlede jaar ’n leerling aan Worcester Gimnasium, sê sy sal nie dat haar omstandighede haar onderkry nie. Foto: DENIQUE SMITH

Sy sal nooit toelaat dat haar omstandighede haar onderkry nie. Dít is hoekom Rhowayda Arendorff nooit sal slaplê met enigiets wat sy aanpak nie.

Vir sowat ses maande het Rhowayda (18), verlede jaar in matriek aan Worcester Gimnasium, by haar ma se vriendin se ouers gebly sodat sy vir die September- en eindeksamen kon voorberei. Weens die omstandighede by die plek waar haar ma, ’n enkel­ouer, tans woon, kon sy nie rustig daar leer nie.

Ondersteuning soos geen ander!

Dit is een van die redes waarom haar ma haar gehelp het om ’n tydelike blyplek te kry sodat sy rustig kon leer.

“My ma het my gehelp dat ek die plekkie kry. Maar by die plek waar ek nou woon, is daar ook uitdagings. Ek moet ’n kamer deel met die tannie se seun, so ek het geen privaatheid nie,” sê sy.

“Vir my voorbereiding vir die ek­samen het ek in die dag geslaap en in die aand geleer. Ek het 00:00 saans begin leer, want dan is dit rustig en kon ek sonder steurnisse leer. Dit is ook die tyd wanneer almal in die huis ook stil was. Dan het ek ’n uur geslaap net voor skool. As ek nie enige voorbereiding vir ’n toets of eksamen gedoen het nie, kan ek nie aan die slaap raak nie.”

Rhowayda het ook meer as ’n jaar terug vir haar ’n naweekwerk gekry om haar losies te betaal asook om haar ma te help.

Vir sowat ses maande het Rhowayda (18), verlede jaar in matriek aan Worcester Gimnasium, by haar ma se vriendin se ouers gebly sodat sy vir die September- en eindeksamen kon voorberei.

“Omdat my ma werkloos is, het ek vir my ’n naweekwerk by ’n tuis­nywerheid in die winkelsentrum gekry sodat ek my huurgeld kan betaal, vir my toiletware kan koop asook iets vir my ma kan gee. Ek werk sedert 1 Desember 2017 daar.”

Rhowayda meen dit is belangrik dat jou omstandighede nie bepaal wie jy is nie, máár dit bepaal wat jy eendag gaan doen wanneer jy uit daardie situasie kom.

“Ek wil vir my en my ma ’n huis kry en uit die omstandighede kom waarin ons tans is. Ek wil ’n beter lewe vir my ma gee. Ek het hard gewerk tot dusver en sit altyd alles in, en met daardie gesindheid wil ek alles in my lewe aanpak.

“Jou omstandighede bepaal glad nie wie jy is nie. Jy kan bo jou omstandighede uitstyg. Ek sal my laaste aan iemand gee wat dit nodiger het as ek,” sê sy met ’n glimlag.

Rhowayda sê sy besluit nog wat sy wil doen nadat sy gister haar uitslae gekry het en matriek geslaag het, maar om ’n mond­higiënis te word is heel bo aan haar lys. 

“Ek vind dit baie interessant en dit is ’n baie rustige werk.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.