Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Inspirasie
Mieke oorwin gestremdheid, wil inspireer

Sy wil ander inspireer om te glo dat enigiets moontlik is met harde werk en deursettingsvermoë, sê Mieke Lewis (18).

Mieke het verlede jaar aan die Hoërskool Eldoraigne in Centurion gematrikuleer ondanks ’n fisieke gestremdheid.

Dit is die gevolg van ’n motorongeluk waarin sy betrokke was toe sy net 18 maande oud was.

Sy wil graag eendag vir Eben Eztebeth ontmoet, sê Mieke Lewis en voeg by dat hy haar inspireer. Foto: Deaan Vivier
Mieke Lewis het verlede jaar aan die Hoërskool Eldoraigne in Centurion gematrikuleer. Foto: Deaan Vivier
Mieke Lewis sy storie is een van hoop, sê sy. Foto: Deaan Vivier

“Ná die ongeluk was my linkeroog blind en kon ek glad nie loop nie.”

In haar gr. 2-jaar het sy reeds begin om die verwagtinge te oortref toe sy ná vele operasies weer begin loop het.

Hoewel dit nie altyd maklik was nie, het Mieke gekies om nooit te gaan lê nie.

“Om vir die gebrek in my linkeroog te vergoed, maak ek altyd seker ek sit voor in die klas.

“Omdat ek moeilik loop, het die seuns tot in gr. 9 nog my tas gedra, maar dit het veroorsaak dat hulle laat is vir klas.

“Ek het net daar besluit ek sal self sien kom klaar en met ’n swaar tas en sluitkissie het ek reggekom.”

Sy gee ook erkenning aan die skool wat gehelp het deur relings by die trappe aan te bring en seker te maak dat haar klasse na aan mekaar is.

Mieke sê haar gunsteling-vak was besigheidstudies en sy glo dat dit haar vanjaar ook gaan help wanneer sy haar as ’n student in innovasie en tegnologie by die Da Vinci-instituut in Johannesburg aansluit.

Mieke het ’n onderskeiding in lewensoriëntering behaal.

Ná haar studie wil sy ’n werk kry waarin sy selfstandig kan wees, “en kan aanhou om ander te inspireer”.

Sy droom daarvan om eendag haar held, die Springbok-rugbyspeler Eben Etzebeth, te ontmoet.

“Hy is my grootste inspirasie wanneer ek oefen om my spiere sterk te kry. Die oefening help my ook om beter te konsentreer.”

Verder droom Mieke ook daarvan om eendag in Amerika te toer.

“Ek sou vir die matriekvakansie saam met my beste vriendin daarheen gegaan het, maar dit moes weens Covid-19 uitgestel word.

“Ek hoop om eendag daardie droom te bewaarheid.”

Meer oor:  Centurion  |  Matriekuitslae  |  Matriekeksamen  |  Matrieks2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.