Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Inspirasie
Simoné oorkom probleme en mik vir filmbedryf

Sedert sesjarige ouderdom sukkel sy met haar sig en sy het nooit gedink dat sy haar skoolloopbaan by ’n hoofstroomskool sou voltooi nie.

Die 18-jarige Simoné Botes, ’n voormalige leerling aan die Pionierskool in Worcester, is in haar gr. 3-jaar met makulêre degenerasie gediagnoseer. Dit is die veroudering van die retina, ’n siekte wat veral by bejaardes voorkom.

Simoné Botes van Struisbaai wil ten spyte van haar sigprobleme ’n loopbaan in die rolprentbedryf volg.

Simoné vertel dat sy nie ver kan sien nie en dus ’n bril moet dra.

“Wanneer ek na ’n prent of iets kyk, is daar ’n swart kol in die middel. Ek kan dan nie die volle prent sien nie. My een oog trek ook ’n bietjie skeel. Met my eerste diagnose het die dokters aanvanklik gedink dit is gloukoom.

“Ek moes destyds druppels gebruik om dit te behandel. Met my tweede besoek aan die dokter het hulle gesê dit is weg. Ek het besef dit is die Here wat vir my gewys het hy kan enigiets doen,” sê sy.

Niks kon haar onder kry!

Hoewel haar sig nie permanent genees is nie, het dié matrikulant van die Hoërskool Bredasdorp nie toegelaat dat dit haar onderkry nie.

Sy het een dag op ’n uitstappie met haar vorige skool besluit sy wil na ’n hoofstroomskool gaan.

“Ons moes altyd kentekens op ons klere dra wat sê of jy blind is of swaksiende. Ek het tydens ’n skooluitstappie na die kenteken gekyk en het besef die plek herinner my aan wat fout is met my. Ek wil nie daaraan herinner word nie.

“Daarna het ek vir my ma gesê ek wil na ’n hoofstroomskool toe gaan. Ek is eers na ’n sielkundige toe en daar is besluit dat ek wel na ’n gewone skool toe kan gaan,” sê Simoné.

“Dit was glad nie moeilik om aan te pas nie. Almal het my uitgevra oor my sig, maar dit is heel normaal vir my.Ek het by dié skool besef dat ek ook dinge kan doen wat ander in hul daaglikse lewe doen. Ek kan bo my omstandighede uitstyg.”

Simoné, ’n inwoner van Struisbaai, sê sy het baie gou aangepas by die Hoërskool Bredasdorp.

“Dit was glad nie moeilik om aan te pas nie. Almal het my uitgevra oor my sig, maar dit is heel normaal vir my.Ek het by dié skool besef dat ek ook dinge kan doen wat ander in hul daaglikse lewe doen. Ek kan bo my omstandighede uitstyg.”

Sy sê die eindeksamen het baie uitdagings gehad. Sy het met haar selfoon foto’s geneem van haar skoolwerk en dit op die skerm vir haarself groter gemaak. Dit was maar net een manier hoe sy vir die eksamen geleer het.

“Ek het sekere dae as gevolg van my oë gesukkel om te leer. Ek kan nie te veel op een slag leer nie, dan word my oë seer.

Veral met vakke met baie teorie moes ek baie insit. Ek het ook stemopnames van my skoolwerk gemaak en dit vir myself gespeel.

“Ek weet daar gaan uitdagings wees. Ek sal dit kan doen. Afda is ideaal want dit is baie meer praktiese werk as teoretiese werk. Ek sien uit daarna om in die rolprentbedryf te wees.”

“In die eksamen het ek nie self my vraestelle gelees nie; iemand het dit vir my gedoen. Dit het my baie gehelp.”

Noudat sy matriek met ’n A vir toerisme geslaag het, wil Simoné ten spyte van haar sigprobleem ’n loopbaan in die rolprentbedryf volg. Maar eers wil sy oorsee gaan werk.

“Ek wil vir ’n jaar oorsee gaan werk. Die jaar daarna wil ek drama by die Afda-rolprentskool gaan studeer. Ek weet mense is baie negatief daaroor, maar ek sien nie myself iets anders doen nie. Drama is iets wat ek nog altyd wou doen.

“Ek weet daar gaan uitdagings wees. Ek sal dit kan doen. Afda is ideaal want dit is baie meer praktiese werk as teoretiese werk. Ek sien uit daarna om in die rolprentbedryf te wees.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.