Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Inspirasie
‘Sit rooi lipstiffie aan as dit swaar gaan’

As ’n mens laagtepunte in jou lewe beleef, moet jy altyd jou helderste klere aantrek en bloedrooi lipstiffie aansit.

So het Annie Britz (19) se ma haar geleer om struikelblokke in die lewe te oorkom.

Dit is ook die les wat Annie, wat verlede jaar aan die Hoërskool Bergvlam in Mbombela, Mpumalanga, gematrikuleer het, geleer het by haar ma voordat sy haar op 22 Oktober aan die dood afgestaan het.

Karen, Annie en Heinrich Britz voor Annie se matriekafskeid.

Haar ma, Karen, was 31 jaar lank ’n onderwyseres aan die skool.

’n Bloedtoestand wat tot kanker kan ly, is in November 2019 by Karen gediagnoseer.

Annie sê haar ma moes behandeling kry wat haar beenmurg afbreek sodat sy ’n beenmurgoorplanting kon kry.

“Sy het in Februarie verlede jaar in Pretoria met die behandeling begin. Toe tref Covid-19 en ons kon haar vir vyf maande nie sien nie. In dié tyd het sy ’n beenmurgoorplanting ondergaan en dit was ’n reuse-sukses.”

Annie het in dié tyd saam met haar broer, Heinrich (21), in hul ma se huis gewoon.

“Toe sy terugkom, was sy glad nie siek nie. Totdat sy op ’n dag bloedblase in haar mond gekry het.”

Sy is na die hospitaal gebring en van daar na die Pretoria-Oos-hospitaal oorgeplaas waar sy ’n week later dood is.

Ondanks dié groot terugslag is Annie in 2020 as die toppresteerder in ontwerp in die Ehlanzeni-distrik aangewys.

Annie sê sy droom al van gr. 10 af om die prys te wen en is dankbaar haar ma was by om dit saam met haar te kon beleef.

“Sy was die een wat my altyd aangemoedig het om kuns te doen. Sy het ook my foute uitgewys en haar opinie het vir my alles in die wêreld beteken.”

Annie hoop om vanjaar verskeie kort kursusse in onder meer digitale bemarking, fotografie en grimeerkuns te voltooi.

Sy was in haar matriekjaar hoof van bemarking van haar skool se bestuurskomitee en het twee onderskeidings verwerf: in ontwerp en visuele kuns.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.