Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Inspirasie
Sukses gaan hy behaal, kom wat wil

Ondanks verskeie struikelblokke in sy lewe, wil dié jong man van Eersterust, Pretoria, ’n sukses van sy toekoms maak.

Christopher Swarts (18), ’n oudleerling van die Sekondêre Skool Eersterust, is deur sy enkelma, Charlotte, grootgemaak. Sy pa is dood toe hy vyf jaar oud was en sy ouer broer is in die tronk.

“My lewe is nie so orraait nie en ek moet hard werk om ’n toekoms vir myself te skep,” sê hy.

Sy hoërskoolloopbaan was ook nie sonder ’n paar haakplekke nie. Hy het gr. 9 gedruip, maar daarna het hy homself reggeruk en hard gewerk.

“Aan die einde van my tweede jaar in gr. 9, was ek een van die twee toppresteerders in die skool. Omdat ek so goed gedoen het, het ek ’n selfoon gewen. My eerste foon het ek nie gekoop nie. Ek het dit verdien,” sê hy.

Christopher het nog nie weer gedruip nie en hy het skouer aan die wiel gesit in matriek in die hoop om ’n beurs te kry om verder te gaan studeer.

Hy het matriek geslaag met toegang tot graadstudie. 

Christopher Swarts, ’n oudleerling van die Sekondêre Skool Eersterust in Pretoria, se grootste droom is om suksesvol te wees. Foto: Andrea Küsel

Hoewel sy toekoms nog onseker is, wil hy graag biochemie studeer.

“As ek nie die kans kry om te studeer nie, sal ek eers gaan werk om geld te spaar. Ek wil biochemie studeer om kure te vind vir groot siektes soos MIV. My droom is om mense se lewe te red,” sê hy.

Christopher sê sy huislike omstandighede is soms moeilik.

“Dinge is nie altyd so goed by die huis nie. Ek woon in ’n huis saam met my ma. My pa is dood toe ek vyf jaar oud was. Ek wil nie eendag vir my kinders dié lewe gee nie. Ek wil ’n beter lewe vir hulle gee,” sê hy.

Dit is soms maar moeilik om in Eersterust te woon weens die hoë vlakke van misdaad en al die dwelms wat op straat verkoop word.

Dit is juis waarom sy broer in die tronk is.

“Hy was een van dié wat gesteel en by huise ingebreek het. Hy was op dwelms ook. Ek dink hulle gaan hom vir 12 of 13 maande hou, so ons het hom nie vir Krismis gesien nie.”

Sy ouer suster is werkloos. Sy het ses jaar gelede matriek gedruip en sukkel nou om werk te kry. “So, ek moet vir haar ook ’n plan maak,” sê Christopher.

Hy droom daarvan om oor tien jaar sy eie huis en sy eie onderneming te hê. “My grootste droom is net om suksesvol te wees.”

Sy raad aan vanjaar se matrieks is om hard te werk om ’n goeie toekoms te verseker. “Ek sal help waar leerlinge sukkel. Ek sal hulle help met ekstra klasse waar ek kan.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.