Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Inspirasie
Sumoné voltooi matriek ook vir beste maat Henko

Hulle was van gr. 4 af beste maats en dit was hul droom om in 2020 saam te matrikuleer. Maar ’n tragedie het hierdie droom aan skerwe gelaat.

Sumoné Gravett (18), wat aan die Hoërskool Secunda in Mpumalanga gematrikuleer het, sê sy het moed verloor toe sy verlede jaar op die tweede skooldag gehoor het Henko Naudé, haar beste vriend en ’n spierdistrofielyer, is dood. “Ek wou nie meer met my matriekjaar voortgaan nie,” sê sy.

Beeld het verlede jaar berig oor die gesinsmoord wat die Secunda-gemeenskap geskok het.

Sumoné Gravett en Henko Naudé was hegte vriende.
Sumoné Gravett by haar matriekafskeid.

Henko se pa, André, het glo sy ma, Tina Naudé, sy vrou, Lizelle, en toe hul gestremde seun, Henko geskiet. Tina, Lizelle en Henko het al drie ’n enkele skoot in die linkerslaap gehad waar hulle in hul bed gelê het.

André het homself daarna in ’n badkamer van die huis met ’n 9 mm-pistool geskiet.

“Ons droom was om matriek saam te voltooi. Ek onthou die skool het verlede jaar op 15 Januarie oopgemaak. Daardie dag het ons nie gefist bump soos altyd nie en die volgende dag was hy nie daar nie. Ek het gevoel iets is fout en kort daarna het die hoof aangekondig iets het gebeur. Dit was soos ’n droom. Ek wou myself knyp en wakker word,” sê Sumoné.

Haar geloof en die idee dat sy matriek vir hulle albei moet voltooi, het haar gemotiveer in dié moeilike tyd.

“My geloof is baie sterk. Ek dra alles op na die Here.”

Sumoné sê sy en Henko het soveel herinneringe saam gemaak.

Haar gunstelingoomblikke was dat hulle mekaar elke dag gesien het en oor hul gelief­koosde sepies, Binnelanders en Getroud met rugby, gesels het. Sy wens hulle kon dit “net nog een keer” doen.

Die tyd ná haar vriend se dood was bitter moeilik en sy het geworstel met vrae. “Het dit regtig gebeur? Alles gaan vinnig deur jou kop.”

Sy sê haar raad aan die volgende groep matrieks is om nie toe te laat dat die Covid-19-pandemie hul drome verwoes en om nie te wag om iets te doen nie, want die dag van môre is aan niemand beloof nie.

“Moenie hopeloos voel nie. Bly sterk in jou geloof en hou vas aan die hand van die Here.”

Sumoné het op skool deelgeneem aan hokkie en was lid van die marimba-groep. In 2019 het sy ’n dramastuk, Huis van verlore drome, geskryf.

Sy is aanvaar om vanjaar sielkunde aan die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit te studeer. Sy sê sy het dié loopbaan gekies, want sy het nog altyd ’n passie gehad om mense te help.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.