Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Inspirasie
Swaarkry, depressie maak haar sterk
Larissa Beukman se gemiddeld het in 2017 met 20% gestyg ná ’n moeilike tyd in haar lewe en vandag is sy klaar met skool en gereed vir ’n onderwysloopbaan.

Larissa Beukman moes dikwels haar ma se werk oorneem in die huis – terwyl sy voltyds skool toe gegaan het, deur depressie gewerk het en na haar familie moes omsien.

'n Moeilike matriekjaar

Dié 18-jarige matrikulant van die Hoërskool Dirkie Uys in Moorreesburg het egter sterker aan die anderkant uitgekom, die swaarkry oorkom en matriek met ’n A in geskiedenis geslaag.

Haar ma, wat ’n enkelouer is, het in 2017 in Malmesbury begin werk nadat hulle na Moorreesburg verhuis het.

Die gesin het eers in Piketberg gewoon waar hulle alles verloor het en moes ná die trek van voor af begin.

“My ma woon in die week in Malmesbury en ons sien haar net naweke as sy geld kan afstaan vir petrol.”

Haar negejarige sussie is serebraal gestremd en Larissa moet gereeld inspring om by die huis te help en na haar om te sien.

“My ouma woon by ons, maar sy het onlangs ’n beroerte gehad en tydelik die gebruik van die linkerkant van haar liggaam verloor.

“Sy is nou reg, maar tydens daardie tyd moes ek baie help in die huis. Tydens die eksamen was daar darem tye wat my ouma na my sussie gekyk het en ek myself in die kamer toegemaak het om te kon leer,” sê sy.

Larissa het boonop van 2015 tot 2017 aan erge depressie gely en selfs in haar gr. 11-jaar ’n klomp pille gedrink om haar eie lewe te probeer neem.

Die naaste skool vir kinders met spesiale behoeftes is in Saldanha en volgens Larissa is dit te ver en duur om haar sussie daarheen te stuur en moet sy dus by die huis bly.

“Ek wil ’n sukses maak van my lewe sodat ons haar na ’n skool kan stuur sodat sy ook onderrig kan ontvang,” sê sy.

Larissa het boonop van 2015 tot 2017 aan erge depressie gely en selfs in haar gr. 11-jaar ’n klomp pille gedrink om haar eie lewe te probeer neem.

“Daarna is ek na ’n kliniek wat my baie gehelp het om die depressie onder beheer te kry. Alles het in plek geval en my gemiddeld het daarna met 20% gestyg,” sê sy.

Larissa sê sy het besluit om haarself te druk vir die beste en het danksy ’n goeie ondersteuningstelsel by die huis bo die slegte tye uitgestyg. Haar verhouding met haar ouma en ma het ook beter geraak ná alles wat gebeur het.

“Na alles wat gebeur het, praat ek makliker oor my probleme. Ek wou nooit daaroor praat nie, want ek wou nie hê mense moet my jammer kry nie.”

Bo en behalwe haar verantwoordelik by die huis, het Larissa haarself ook baie gedruk om betrokke te wees by die skool. Sy was onder meer ’n dirigent en het aan baie naskoolse aktiwiteite deelgeneem.

“Na alles wat gebeur het, praat ek makliker oor my probleme. Ek wou nooit daaroor praat nie, want ek wou nie hê mense moet my jammer kry nie.”

Noudat sy klaar is met matriek, gaan sy by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie se Wellington-kampus onderwys studeer.

“Weens ’n tekort aan internet, kon ek nie betyds aansoek doen vir beurse nie, maar ek hoop om my verblyf en finansiële steun uitgesorteer te hê voordat ek begin studeer.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.