Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Inspirasie
Verlies van ondersteuningstelsel stuit geensins vir Cate-Lynn

Weens omstandighede buite haar beheer, het Cate-Lynn Smith (18) van Worcester in 2019 kontak met haar ouers verloor.

Vir dié voormalige leerling van die Hoërskool Montana het dit toe gevoel asof haar hele wêreld in duie stort.

Nie lank daarna nie het haar ouma, in wie se sorg sy was, aan keelkanker gesterf.

Cate-Lynn Smith het ten spyte van die verlies wat sy ervaar het, matriek met ’n universiteitsvrystelling geslaag.Foto: VERSKAF

Cate-Lynn sê sy was glad nie gereed om die belangrikste mense in haar lewe op so ’n wyse te verloor nie.

“Nadat ek my ouers verloor het, het dit regtig gevoel asof ek in die middel van ’n woestyn alleen gelaat is. Ek was nie gereed nie. Ek het so hopeloos gevoel en nadat ek my ouma verloor het, het dit nog meer hartseer bygevoeg. Ek mis hulle verskriklik.

“Ouers is soos ’n massiewe boom. Hulle is soos die wortels – hulle voed ons met alles, selfs al sukkel hulle. Hulle is soos die stam van ’n boom wat ons ondersteun en beskerm teen alle gevare van die buitewêreld. Dit is soos die blare wat altyd koel skaduwee en beskerming bied, en die belangrikste is dat dit bydra tot die bou van die vrugte wat ons is,” sê sy.

Ten spyte van die verlies wat sy ervaar het, het sy matriek met ’n universiteitsvrystelling geslaag

Cate-Lynn voeg by haar ma het haar altyd met haar skoolwerk gehelp.

“Sy het my altyd gelei, tereggewys en my baie dinge geleer. Sy is ’n baie intelligente vrou.”

Onderwysers is die tweede ouers van ’n kind. Ek is lief vir al my onderwysers. Hulle het my altyd geliefd laat voel en versorg.

Cate-Lynn moes verlede jaar weens haar chroniese asma, wat op vyfjarige ouderdom by haar gediagnoseer is, tuisonderrig ontvang.

Vir haar was tuisonderrig baie moeilik omdat sy nie haar klasmaats en onderwysers kon sien nie.

“Onderwysers is die tweede ouers van ’n kind. Ek is lief vir al my onderwysers. Hulle het my altyd geliefd laat voel en versorg.

“Toe ek van die huis af moes studeer, het ‘skool’ ’n uitdaging geword sonder die teenwoordigheid van my onderwysers.

“Ek het ook my klasmaats gemis.

“Ek was regtig hartseer dat ek nie skool toe kon gaan gedurende die belangrikste jaar van my skoolloopbaan nie.”

Maar, sê sy, tuisonderrig het verseker dat sy veilig en gesond bly.

Volgens Cate-Lynn moes sy gedurende haar tuisonderrig haar eie “skoolroetine” implementeer wat van 08:00 tot 14:00 die middag gestrek het. Sy’t ook pouses tussenin gehad.

Sy het wel vir die eindeksamen skool toe gegaan om daar die eksamen af te lê.

Cate-Lynn sê sy wil graag eendag ’n pediater wees sodat sy kinders kan help wat mediese behandeling benodig.

“Ek werk tans sodat ek op my eie twee voete kan staan. Daarna gaan ek eers verpleegkunde studeer by Boland Kollege in Worces­ter met die oog daarop om eendag medies te studeer.

“Ek sien uit na die volgende fase van my lewe.”

Meer oor:  Worcester  |  Matriek2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.