Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Inspirasie
Vrystaatse meisie kry sportbeurs in VSA

’n Goudveldse meisie gaan binnekort haar drome in Amerika najaag nadat sy ’n beurs gekry het om aan die Universiteit van Oregon in Amerika te gaan studeer.

Miné de Klerk Foto: verskaf

Miné de Klerk, ’n matriekleerling aan die Goudveld Hoërskool in Welkom, sê dit was nog altyd haar groot droom om aan die Olimpiese Spele en ander internasionale atletiekbyeenkomste deel te neem.

Sy het ook nog altyd gedroom om Amerika toe te gaan en verlede jaar het dié droom ’n werklikheid begin word.

Sy sê sy weet Suid-Afrika het baie goeie sportafrigters, maar voel dat Amerika meer geleenthede bied, nie net in atletiek nie, maar ook vir haar as mens.

Miné het deur ’n agentskap, Aspire Atlantic, navraag gedoen oor sportbeurse en met Amerikaanse sportafrigters gepraat.

“Ek het met coach Erik Whitsitt van die Universiteit van Oregon gesels en ons het dadelik gekliek,” sê sy.

Miné sê sy wil ’n professionele atleet wees en aan wêreldkampioenskappe deelneem.

Om hard te werk en te oefen is iets wat sy lankal doen; sy oefen vyf dae per week, elke dag twee uur lank.

Miné de Klerk in aksie. Foto: verskaf

Sy het ook provinsiale kleure in netbal verwerf, maar atletiek bly haar groot liefde.

Sy stoot gewig en neem ook aan diskusgooi deel.

Miné, wat haarself as ’n gemiddelde akademiese leerling beskou, sê sy wil fisiologie studeer en ’n meestersgraad in atletiekafrigting verwerf.

Sy gaan vanjaar eers haar matriekjaar voltooi en haar in Januarie volgende jaar by die Universiteit van Oregon inskryf.

Sy is baie opgewonde, maar ook ’n bietjie bang vir die groot Amerikaanse avontuur.

“Ek gaan duisende kilometer van my vriende en familie wees, maar ek is ook opgewonde oor die nuwe hoofstuk in my lewe,” sê sy.

Miné sê sy gaan haar ma, Yolandie, se bobotie, en pa, Ben, se braaivleis die meeste mis. Sy beplan om elke ses maande huis toe te kom en dan natuurlik ook wanneer daar atletiekbyeenkomste in Suid-Afrika is.

Haar ouers en broer, Berno, en suster, Ilke, is baie opgewonde en trots op haar, sê sy.

Meer oor:  Amerika  |  Matriek2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.