Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hier is die land se top-29-presteerders
Van links is, voor: Ancilla Julius, Maria Morgan, Takalani Netshitenzhe van Vodacom, Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Enver Surty, adjunk-minister van basiese onderwys, Mathanzima Mweli, direkteur-generaal van die onderwysdepartement, Mfeolu Sinolwethu en Nqobile Nzimande. Tweede ry: Rohan Crafford, Elegance Gozo, Lise-Mari van Wyk, Nqobile Nzimande, Justine Crook-Mansour, Maiar Ahmed, Lungiswa Sibisi, Atlegang Busang, Cedric Ndlovu, Mudzielwana Kharendwe, Felicia Makondo, Nkayi Avukile, Mfedu Sinolwethu en Dr Andile Dube, hoof van die Vodacom-stigting vir onderwys; agter: Jarred Staples, Tiisetso Molafa, Kamva Goso, Mongezi Mbatha, Muzomuhle Mlhemba, Jean Durand, Rolf Behrens, Phiwayinkosi Mhlongo, David Dodkins, Liam Gurney, Timothy Schlesinger, Cibi Spamandla en Fipaza Mihlali. Foto: Felix Dlangamandla

Vanjaar se topmatriekpresteerders het die taak om in die toekoms oplossings vir die land se uitdagings te vind, sê Angie Motshekga, minister van basiese onderwys.

Sy het Donderdagoggend die land se 29 toppresteerders op ’n ontbytgeselligheid in Midrand onthaal en dié jong mense gevra om oplossings vir die land se probleme te vind.

“As julle nie die oplossings kry nie, wie gaan? Suid-Afrika kan nie vir ewig ’n ontwikkelende land bly nie. Ons moet ’n ontwikkelde land word en julle, die toppresteerders, moet help dat dit kan gebeur.”

Rolf Behrens (18) van die Hoërskool Rustenburg in Noordwes is aangewys as die derde beste leerling in die kategorie vir kwintiel-4-skole. Hy sê hy was onder groot druk om goed te presteer omdat daar baie oë op hom was.

“Van gr. 8 af het vyf van ons meegeding om te kyk wie akademies die beste kan presteer. Daarom het onderwysers en my familie baie hoop gehad dat ek sal goed doen,” het Rolf gesê.

Hy gaan vanjaar aktuariële wetenskap aan die Noordwes-Universiteit (NWU) in Potchefstroom studeer en sien daarna uit om onafhanklik te wees.

Muzomuhle Mthembu (17) van die Ndela Secondary School in Mpumalanga is aangewys as die beste leerling in die kategorie vir kwintiel-1-skole. Hy wil graag ’n ingenieur word, daarom het hy hom toegespits op sy wetenskap, wiskunde en geografie.

As julle nie die oplossings kry nie, wie gaan? Suid-Afrika kan nie vir ewig ’n ontwikkelende land bly nie.

Dit was egter nie altyd so maklik nie, omdat sy skool geleë is in ’n landelike gebied, waar daar nie altyd die nodige hulpbronne was om al die wetenskaplike eksperimente te doen nie. Muzomuhle het dan maar verder gaan nalees om agter te kom hoe die eksperiment werk en dit so goed moontlik in die vraestel weergegee.

Hy het tussen sy familie rondgetrek en grootgeword nadat hy albei sy ouers op ’n baie jong ouderdom verloor het.

“Ek het vroeg al besluit om uit te styg en die beste te wees wat ek kan wees. Dit kan ’n mens net doen deur hard te leer,” sê Muzomuhle.

Hy sal vanjaar tegniese ingenieurswese aan die Universiteit van die Witwatersrand studeer.

David Mark Dodkins van Bergsig Akademie in die Noordwes is aangewys as die beste presteerder in wiskunde en fisiese wetenskap in verlede jaar se matriekeksamen. Dodkins het aan die matriekklas van 2019 gesê hul werk vanjaar sal hul vooruitsigte op sukses in die toekoms heelwat verbeter.

Avukile Nkayi (19) wil graag ’n dokter word nadat hy gesien het hoe min dokters daar in sy dorpie, Nyanga, is. Hy is aangewys as die naasbeste leerling in die kategorie vir kwintiel-3-skole.

Hy het verlede jaar sy matriek geskryf aan die Nyanga Senior Secondary School in die Oos-Kaap.

Lungiswa Sibisi (18) van die Tetelo Secondary School in Gauteng is aangewys as die naasbeste leerling in tegniese wiskunde. Hy is deur sy ma, ’n enkelouer, grootgemaak en dit het hom geïnspireer om harder te studeer.

“Ek wil graag ’n onafhanklike man wees, nie net vir myself nie, maar ook sodat ek my ma kan help,” sê Lungiswa.

Ek wil graag ’n onafhanklike man wees, nie net vir myself nie, maar ook sodat ek my ma kan help.

Hy beplan om vanjaar nog harder as voorheen te studeer sodat hy ’n argitek kan word. Hy is reeds ingeskryf by die Universiteit van die Witwatersrand.

Lungiswa het van kleins af ’n liefde vir teken ontwikkel en het gereeld saam met sy oom geteken.

Felicia Makondo, nóg ’n uitblinker van die E.P.P. Mhinga Secondary School in Malamulele, is aangewys as die derde beste leerling in die kategorie vir kwintiel-3-skole. Sy het aan News24 gesê harde werk het daartoe gelei dat sy een van die toppresteerders is.

Felicia vertel dat sy soggens reeds om 06:00 haar huis moes verlaat en dat sy eers ná 19:00 weer tuis gekom het.

Justine Crook-Mansour van die Rustenburg Girls’ High School in die Wes-Kaap is aangewys as die beste leerling in die kategorie vir kwintiel-5-skole. Sy sê haar akademiese sukses is te danke aan selfdissipline.

“Ek het probeer om baie georganiseer te bly. Ek het ’n studierooster gehad, maar ek het ook aangehou om aktief te bly en om aan sport deel te neem.”

Sy sê dit is belangrik om tyd te maak vir die dinge wat ’n mens geniet.

* Openbare skole word ingedeel van kwintiel 5 (die “rykste” skole met die meeste hulpmiddels) tot kwintiel 1 (die “armste" skole met min hulpmiddels).

Die volledige lys van toppresteerders:

Wiskunde:

1. David Dodkins van die Bergsig High School in Noordwes.

2. Timothy Schlesinger van die Rondebosch Boys’ High School in die Wes-Kaap.

3. Liam Gurney van die Westerford High School in die Wes-Kaap.

Fisiese wetenskap:

1. David Dodkins van die Bergsig High School in Noordwes.

2. Kamva Goso van die Intsebenziswano Secondary School in die Wes-Kaap.

3. Jean Durand van Paul Roos Gimnasium in die Wes-Kaap.

Tegniese wiskunde:

1. Phiwayinkosi Mhlongo van die Bona Comprehensive School in Gauteng.

2. Lungiswa Sibisi van die Tetelo Secondary School in Gauteng.

3. Mihlali Fipaza van die Bashee Senior Secondary School in die Oos-Kaap.

Tegniese fisiese wetenskap:

1. Phiwayinkosi Mhlongo van die Bona Comprehensive School in Gauteng.

2. Atlegang Busang van die Ekangala Secondary School in Gauteng.

3. Sipamandla Cibi van die Richard Varha High School in die Oos-Kaap.

Kwintiel-1-skole:

1. Molelekeng Mokoena van die Tsebo Secondary School in die Vrystaat.

2. Muzomuhle Mthembu van die Ndlela Secondary School in Mpumalanga.

3. Sinolwethu Mfedu van die Marelane Senior Secondary School in die Oos-Kaap.

Kwintiel-2-skole:

1. Kamva Goso van die Intsebenziswano Secondary School in die Wes-Kaap.

2. Nqobile Nzimande van die Langsyde Combined School in KwaZulu-Natal.

3. Bongumenzi Ndlovu van die Zama Secondary School in KwaZulu-Natal.

Kwintiel-3-skole:

1. Kharendwe Mudzielwana van die Thengwe Secondary School in Limpopo.

2. Avukile Nkayi van die Nyanga Secondary School in die Oos-Kaap.

3. Felicia Makondo van die E.P.P. Mhinga Secondary in Limpopo.

Kwintiel-4-skole:

1. Maiar Mamduh Mostafa Ahmed van die High School for Girls Potchefstroom in Noordwes.

2. Tiisetso Molata van die PJ Simelane Secondary School in Gauteng.

3. Rolf Behrens van die Hoërskool Rustenburg in Noordwes.

Kwintiel-5-skole:

1. Justine Crook-Mansour van die Rustenburg Girls’ High School in die Wes-Kaap.

2. David Dodkins van die Bergsig High School in Noordwes.

3. Jarrod Staples van Westville Boys’ High in KwaZulu-Natal.

Spesiale skole:

1. Mongezi Mbatha van die Prinshofskool in Gauteng.

2. Izak Rohan Crafford van die Prinshofskool in Gauteng.

3. Lise-Mari van Wyk van die Pionierskool in die Wes-Kaap.

Skole vir dowes:

1. Maria Morgan van die Sizwile School for the Deaf in Gauteng.

2. Thabile Busiswe Qondani van die Kwathintwa School for the Deaf in KwaZulu-Natal.

3. Ancilla Julius van die Dominikaanse Skool vir Dowes in die Wes-Kaap.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.