Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Klerksdorp-matrieks skryf elders ‘weens geweld’
Die matriekeindeksamen is tans aan die gang. Foto: Argiewe

Noordwes se onderwysdepartement bestee R11 miljoen sodat matrieks in bendegeteisterde woonbuurte in die Klerksdorp-omgewing hul eksamens veilig elders kan aflê.

Volgens Elias Malindi, woordvoerder vir Noordwes se onderwysdepartement, het die departement ingegryp om die net meer as 2 000 kinders uit onderskeidelik die Kanana-, Khuma- en Jouberton-townships vir die duur van die eksamen tot 28 November te huisves.

“Dit het onder ons aandag gekom dat ouers van dié buurte studiekampe elders vir die kinders op die been wou bring, weens die hoë voorkoms van bendebedrywighede wat die eindeksamens moontlik kan ontwrig.”

Die departement sal ouers wat reeds betaal het vir dié kampe vergoed, het Mmaphefo Matsemela, LUR vir onderwys in Noordwes, beloof.

“Die ouers het skoolhoofde genader en aangebied om

R1 500 te betaal sodat hul kinders na studiekampe kon gaan waar hulle sou woon en kos kry,” het die woordvoerder gesê.

“Ons het egter ingegryp om seker te maak die kampe waar die kinders gehuisves word, is van ’n voldoende standaard. Die altesame 2 135 leerlinge van verskillende skole sal nou by drie ander instellings gehuisves word, naamlik ’n skool in Orkney, ’n koshuis vir tegniese studente en ’n opgeknapte koshuis by ’n toegemaakte myn in die omgewing.”

LUR Matsemela het beloof daar word goed na die kinders omgesien.

“Hulle sal drie keer per dag kos kry en daar sal onderwysers wees wat studieleiding sal gee waar nodig. Altesame 300 veiligheidspersoneellede sal by die kampe wag hou. Daar is toegeruste kliniek by die kampe, eksamenlokale, ’n ten volle toegeruste kombuis, eetsaal en sportgeriewe. ’n Tegniese span is ook voltyds by die kampe om aandag te gee aan instandhouding en ander kwessies.”

Matsemela het ’n beroep op mense gedoen om leerlinge met rus te laat terwyl hulle vir die eksamen voorberei.

Meer oor:  Klerksdorp  |  Bendegeweld  |  Eksamen  |  Onderwys  |  Onderwysdepartement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.