Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
KYK: Matrieks vier hul prestasie
Jean Durand (links) en Jean van der Walt van Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch in die Wes-Kaap het saam 16 onderskeidings. Durand het ook die naasbeste punte in die land vir fisiese wetenskappe behaal.Foto: VERSKAF
2018 se matrieks van die Hoërskool Charlie Hofmeyr op Ceres in die Wes-Kaap is opgewonde oor hul uitslae. Die klas van 2018 het 10 kandidate met ’n A-gemiddelde. Foto: VERSKAF
Ekhardt van der Watt, Dawie Geldenhuys, Jan Theron en Luan Swart van die Hoër Jongenskool Paarl in die Wes-Kaap het saam met hul klasmaats vir oulaas hul skooluniform aangetrek om hul uitslae te gaan haal.Foto: VERSKAF
Riebeek College Girls’ High School op Uitenhage in die Oos-Kaap spog met hul 2018-matrieks wat onderskeidings behaal het. Van die toppresteerders is Vrydag na die hoof se kantoor genooi waar sy hulle gelukgewens het. Van links (met die getal onderskeidings tussen hakies) is Ababalwe Tati (vier), Sisipho Phillip (vyf), Valentina Longari (ses), Kieran Stear, skoolhoof, Sinovuyo Madlavu (ses), Kyla van Deventer (ses), Omhle Bissett (vyf) en Naqeesha Koester (vier).Foto: VERSKAF
Cassidy Pietersen en Mujahid Meyer is twee van die drie oudleerlinge van die New Orleans Sekondêr in die Paarl wat ’n A-gemiddeld behaal het. Hulle was ook onderskeidelik hoofmeisie en -seun vir 2018. Foto: Carlyn Oppelt
Die Hoërskool D.F. Malan in Bellville se Liza Hugo (links) vier saam met Lea de Bruin hul matriekresultate.Foto: JACO MARAIS
Leerlinge van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg in die Wes-Kaap is ekstaties oor hul uitslae en bly hulle is klaar met skool. Voor is Johnwin van Schalkwyk. Agter van links is Shane Williams, Lucrisa Barends, Britney Korah, Lee-Marvin van Aarde, Courtney Mostert en Anthony Alexander.Foto: VERSKAF
Die opwinding kon van ver gesien word toe van links Aidan de Koning, Anneke Claassen, Johann Meyer en Jonah Ellis Vrydag hul punte by die Hoërskool Pearson in Port Elizabeth in die Oos-Kaap gaan afhaal het.Foto: VERSKAF
Raeed Ryland (18), oudleerling van die Spine Road High School in Mitchells Plain, Kaapstad, is met sy sewe onderskeidings die toppresteerder van sy skool. Sy ma, Tougeda Ryland, deel sy vreugde.Foto: Adrian de Kock
’n Paar oudleerlinge van die Spine Road High School in Mitchells Plain, Kaapstad, vier Donderdag hul uitslae.Foto: Adrian de Kock
Die Worcester Gimnasium het 18 A-kandidate. Agt van die oudleerlinge het sewe onderskeidings gekry. Die Dux-leerling, Hans Klüsmann, se gemiddeld is 94,14% en hy het sewe A’s. Ander presteerders is Shakeera Williams 91,85% (sewe A’s); Nelia Grobbelaar 91% (sewe A’s); Nika Bester 89,28% (sewe A’s); Elsa Burger 88,71% (sewe A’s); Hilda du Toit 88,57% (sewe A’s); Suane Smit 88,14% (sewe A’s); Hymne Ley 87,14% (sewe A’s); Edna Rossouw 85,86% (vyf A’s); Winona Swanepoel 84,86% (ses A’s); Kaylin Amsterdam 83,14% (vier A’s); Hezekiah Cupido 83% (vier A’s); Elsje-Marie Jordaan 82,14% (ses A’s); Karla van Niekerk 82,14% (vyf A’s); Ruth Pretorius 82,14% (vyf A’s); Abigail Krige 81,29 (ses A’s); Marguerite Zeeman 81% (vyf A’s) en Zenande Nkentsha 80,43% (vier A’s). Foto: VERSKAF
“Sjoe, ek het die heel vakansie deur gestres. Maar nou is ek deur,” sê Reagen van Wyk (met die pet op), oudleerling van die Chapman High School in Port Elizabeth. Hier sit hy saam sy vriende voor die skool. Van links Kaylin Kayser, Reagan, Tamia Bosch, Ronelle Bosch en Jessie Terblanche. Foto: Cara-Lee DÖrfling
Edmund van Vuuren, die DA-woordvoerder vir onderwys in die Oos-Kaap, het Vrydagoggend in Port Elizabeth die uitslae in die Oos-Kaap verwelkom, hoewel dit teen die agtergrond van enorme uitdagings afgespeel het. Die verbetering in die slaagsyfer toon duidelik dat die beplande intervensies suksesvol was, sê hy. “Die DA glo dié opwaartse trajek sal behou kan word as ander voorstelle van die party aanvaar word soos ’n mentorprogram vir skole wat onderpresteer, die hersiening van die aanstellingsproses van skoolhoofde en dat alle vakante befondste poste gevul word deur gepaste gekwalifiseerde leerkragte, en nie boeties vir baantjies nie.”Foto: Cara-Lee DÖrfling
By die Hoërskool Otto Du Plessis in Port Elizabeth in die Oos-Kaap het matrikulante pas begin om hul punte te kry. Van links is Charl Morton, Kiano Serfontein, Leehandrey Mandeka en Gregory Terblanche.Foto: Cara-Lee DÖrfling
Lucinda Parkison, oudleerling van Hoërskool Otto Du Plessis in die Oos-Kaap, gaan vanjaar onderwys by Varsity College in Port Elizabeth studeer. Foto: Cara-Lee DÖrfling
Derek Swart, hoof van die Hoër Jongenskool Paarl in die Wes-Kaap, by Gerard de la Bat, hoofseun en dux-leerling vir 2018. Swart sê hy is trots op die matrieks van 2018. Van die 167 matrieks het 21 ’n gemiddelde A-simbool behaal, met heelwat leerlinge wat sewe onderskeidings en meer gekry het.Foto: VERSKAF
Geslaag en klaar met skool! Oudleerlinge van die Hoërskool Otto du Plessis in Port Elizabeth was Vrydag baie opgewonde oor hul matriekuitslae. Van links is Jacques Scholtz, Keasha Kleyn, Quinton Snyman (onderwyser), Nikita Koen, Juanné van Zyl, Megan van Rooyen, Tiaan Tesnar en Dominique Venter.Foto: Cara-Lee DÖrfling
Jayden Weitz (18), Leeshe Daniels (17, en Chelsea-Leigh Jordaan (20) van die Senior Sekondêre Skool St. Thomas in Port Elizabeth het al drie geslaag. Daniels (middel) bekyk haar punte. Sy is nog onseker in watter rigting sy wil studeer. Weitz en Jordaan gaan albei vanjaar eers in 2020 hul tersiêre studie aanpak.Foto: Lynn Williams
Salvion Plaatjies (links) en Marquin Erasmus kry Vrydag hul punte by die Hoërskool Andrew Rabie in Port Elizabeth in die Oos-Kaap. Erasmus sê hy beoog om vanjaar sportbestuur te swot. Hy dink ook daaraan om sy besigheidstudies-vraestel te laat hermerk. “Ek het heel jaar hard gewerk in die vak. Ek het beter punte verwag.” Foto: Cara-Lee Dorfling
Raylin and Lathym Bosman, oudleerlinge van die Sekondêre Skool Humansdorp in die Oos-Kaap, buk opgewonde oor Die Burger by die plaaslike petrolstasie om vir hul eksamennommers tussen hul maats s’n te soekFoto: VERSKAF
Caitlyn Peters en Tazquin Jordaan, albei 19, beplan om vanjaar eers deeltyds te werk voordat hulle gaan studeer. Dié twee oudleerlinge van die Hoërskool St. James in Port Elizabeth is dit eens dat hul harde werk en nagte se studeer nou vrugte gewerp het. Foto: Lynn Williams
Die manne van Grey High School in Port Elizabeth in die Oos-Kaap sê hulle het groot planne vir die jaar wat voorlê en noudat hulle hul punte het, is hulle baie verlig om te kan voortgaan met hul studieplanne. Van links is Connor de Lange, Matthew Woods, James Potgieter, Callan Alderman en Thomas Pearson.Foto: Cara-Lee DÖrfling
Die Baaise tweeling Cyara (links) en Casey Lentoor het saam gestudeer en mekaar deur die eksamen onderskraag. Hulle gaan albei onderwys studeer. Foto: Lynn Williams
Dié groep vriendinne is by verskillende hoërskole in Port Elizabeth, maar het almal dit saam gevier dat hulle matriek geslaag het. Van links is Kirsten Jafta (Hoërskool Gelvandale), Caitlyn Kramer (Linkside), Kaylum Assam (Victoria Park), Kayla Wentzel (Linkside), Tamia Camper (Linkside), en Tamlyn Burrel (St. Thomas). Foto: Lynn Williams
Leerlinge van die Hoërskool D.F. Malan in Bellville, Kaapstad, wag om hul matrieksertifikate te ontvang.Foto: JACO MARAIS
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.