Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
KYK: Tweelinge het vet pret, al moet hulle alles deel

Verlede jaar moes die leerlinge van die Hoërskool Wagpos in Brits, Noordwes, mooi kyk omdat daar nie minder nie as vier pare tweelinge in matriek in dié skool was.

Twee van dié pare tweelinge is identies en almal is in 1999 gebore – ’n jaar voor die meeste matrieks van verlede jaar.

Werner en Nico Nijs (19) beskryf hulself as vermakers en die grapmakers van die skool. Hulle is onafskeidbaar.

“By ’n tweeling verskil hul persoonlikhede altyd. Hulle lyk dalk dieselfde, maar hulle is nie,” sê Werner.

Agter van links na regs is: Corneil Bezuidenhout, Frederick Bezuidenhout, Rohan van Heyst, Alwyn van Heyst. Voor vlnr: Leon Rossouw, Leoni Rossouw, Werner Nijs en Nico Nijs. Foto: Andrea Küsel

Dié twee lyk op ’n haar na mekaar.

“Ek sou amper niks vriende gehad het as dit nie vir my broer was nie. Ek gaan altyd maar saam as hy gaan kuier en so maak ek vriende,” sê Werner.

Nico sê dat mense hulle gereeld met mekaar verwar. Werner skerts dat hy altyd sy meisies aansê om na sekere kenmerke, soos ’n litteken op sy voorkop, te kyk sodat hulle hom nie met sy broer verwar nie.

Alhoewel die twee grapperig is, is daar ook ’n dieper kant aan hulle.

“Ons is aangeneem op ’n baie jong ouderdom. Ons het eers toe ons 12 jaar oud was uitgevind ons is aangeneem, so dit was nogal ’n uitdaging wat ons moes hanteer,” sê Nico.

Ons is aangeneem op ’n baie jong ouderdom. Ons het eers toe ons 12 jaar oud was uitgevind ons is aangeneem, so dit was nogal ’n uitdaging wat ons moes hanteer.

Die twee gaan vanjaar aan die SolTech-opleidingskollege in Pretoria studeer. Werner gaan ’n kursus in elektriese stelsels voltooi en Nico gaan studeer om ’n meulmaker te word.

Rohan en Alwyn van Heyst (19) is ook ’n identiese tweeling. “Dis lekker om deel te wees van ’n tweeling. Jy is nooit alleen nie en jy het altyd iemand om mee te gesels,” sê Rohan.

’n Nadeel is dat hulle dieselfde klere moes aantrek toe hulle klein was. “Ons moet ook nou ’n kar deel, wat nie altyd ideaal is nie,” sê Alwyn.

Dié twee word ook gereeld met mekaar verwar, selfs deur jarelange vriende.

Die broers het albei ’n beurs van die Samancor-myngroep ontvang. Hulle het verlede jaar elke middag ná skool tot 17:00 hul vakleerlingskap by dié myn voltooi.

“Ons gaan vanjaar na hul opleidingsentrum in Middelburg waar ons so 30 maande lank gaan studeer.”

Rohan het 'n onderskeiding in ingenieursgrafika en -ontwerp gekry. 

Jy moet alles deel. Daar is niks wat jy alleen doen nie. Die spanpoging maak dit soms moeilik.

Corneil en Frederick Bezuidenhout (19) meen dit is soms ’n uitdaging om ’n tweeling te wees.

“Jy moet alles deel. Daar is niks wat jy alleen doen nie. Die spanpoging maak dit soms moeilik,” sê Corneil.

“Ja, en ’n mens raak ’n bietjie moeg vir mekaar,” sê Frederick.

Corneil was vir die afgelope twee jaar die kaptein van die skool se eerste tennisspan en hy ry ook bergfiets.

Frederick sê hy restoureer graag trekkers in sy vrye tyd.

Corneil gaan vanjaar aan SolTech studeer om ’n meulmaker te word en Frederick gaan ’n kursus aan dieselfde kollege volg om ’n dieselwerktuigkundige te word.

Leon en Leoni Rossouw (19) gaan albei vanjaar ’n oorbruggingsjaar doen voordat hulle finaal besluit watter beroepsrigting hul elkeen wil volg.

Leoni sê sy hou van bak en sy toor van koeke tot terte op. Sy het 'n onderskeiding in toerisme ontvang. 

Sy oorweeg dit om ’n persoonlike afrigter te word.

Leon vang graag vis in sy vrye tyd. Hy oorweeg dit om ’n dieselwerktuigkundige te word.

Meer oor:  Matriek2018  |  Brits  |  Matriekeksamen2018  |  Matrieks  |  Matriekuitslae2018
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.