Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Maryke glo in balans, harde werk

Hoewel sy baie ure agter die boeke was, het sy ook gaan draf, gesond geëet en tyd saam met haar vriende deurgebring.

Maryke Prinsloo, oudleerling van die Eunice High School in Bloemfontein, spog met agt onderskeidings. Sy sê balans was vir haar belangrik.

Vir Maryke Prinsloo, oudleerling van die Eunice High School in Bloemfontein, wat agt onderskeidings in die matriekeindeksamen behaal het, is balans belangrik.

“Ek wou nie net tyd in die huis deurbring nie, ek moes ook baie buite kom.”

Maryke sê sy het vir onderskeidings in al agt haar vakke gemik, maar sy was onseker oor Engels (huistaal).

Sy het onderskeidings in Engels, Afrikaans (eerste addisionele taal), Duits (tweede addisionele taal), wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, lewenswetenskappe en fisiese wetenskap gekry.

Van die eksamen sal sy altyd onthou hoe sy en ’n vriendin tot op die middelvlak van die watertoring naby hul huis in Heuwelsig geklim het en daar gesit en “net gekla het oor die wiskundevraestel”.

Dié voornemende dokter het ook ’n voorliefde vir bak, kook en teken. Sy tower graag ’n sjokoladekoek op en kook die “maklike goed” soos hoender.

“Ek het nogal ’n kunstige kant ook, so partykeer hou ek net van ’n bietjie teken.” Sy het drie jaar ook in die skoolkoor gesing.

Maryke vermoed sy gaan dit baie mis dat haar ouers, Retha, ’n eiendomsagent, en Attie, ’n prokureur, vir haar sorg. Sy gaan ook haar vriende mis.

Sy sien egter baie uit na die universiteitslewe, sê sy.

Maryke wag op mediese keuring by die Universiteit van die Vrystaat of die Universiteit Stellenbosch.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.