Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Matrieks: Kragopwekkers moet regstaan by eksamenlokale

Die departement van onderwys in Gauteng het die sentrums waar sowat 1 200 matriekleerlinge Donderdag inligtingstegnologie skryf, aangemoedig om kragopwekkers op bystand te hou.

Dit kom nadat Eskom Woensdag aangekondig het dat hy fase 2-beurtkrag Donderdag weer tot 23:00 sal toepas.

Duisende matrieks wat Woensdag met hul eindeksamen in rekenaartoepassingstegnologie begin het, is deur die skielike beurtkrag ontwrig. Skole moes op kragopwekkers staatmaak en dié wat nie kragopwekkers het nie, moes wag totdat die krag weer aangaan voordat matrieks met die praktiese eksamen kon voortgaan.

Dié wat nie die eksamen kon aflê of voltooi nie, kan aansoek doen om ’n plaasvervanger-eksamen te skryf.

Matrieks skryf Donderdag inligtingstegnologie. Slegs die praktiese eksamen word vandeesweek afgelê.

Netwerk24 het Woensdag navrae oor die impak op Gauteng-skole aan Steve Mabona, woordvoerder van die departement gerig, maar die departement het laat weet hy kan eers Donderdag antwoord.

Mabona het Donderdagoggend egter aan eNCA gesê hy weet van 250 leerlinge wat weens die beurtkrag Woensdag nie hul eksamen kon voltooi nie.

“Sommige sentrums het gewag (vir die krag om aan te kom), maar dit het nie. Ander het weer baie laat begin en ons het dié eksamen gekanselleer. By sommige sentrums was leerlinge klaar, maar kon nie hul werk betyds stoor nie. Jy val dan in die kategorie van iemand wat nie die eksamen voltooi het nie.”

Volgens Mabona sal ’n nuwe vraestel vir die plaasvervanger-eksamen opgestel moet word, sodat leerlinge wat die eerste vraestel reeds gesien het, nie onregverdig bevoordeel word nie.

Meer oor:  Beurtkrag  |  Matriekeksamen  |  Kragkrisis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.