Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Regering laat dié leerlinge in die steek, sê DA

Byna die helfte van die leerlinge wat in 2007 in gr. 1 was, het nie in 2018 die matriekeksamen geskryf nie.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het dié feit verswyg toe sy Donderdagaand die matriekuitslae in Midrand, Johannesburg, bekend gemaak het, sê Nomsa Marchesi, die DA se woordvoerder oor basiese onderwys.

Nomsa Marchesi Foto: Argief

Sy sê die ANC-regering laat sukkelende leerlinge in die steek net om die slaagsyfer beter te laat lyk.

Die leerlinge wat nie matriek geskryf het nie, het óf grade herhaal óf verlore gegaan, het Marchesi in ’n verklaring gesê.

Sy sê die onderwysstelsel in die land het onder die ANC-regering misluk.

Die rol wat die nuwe stelsel van veelvuldige eksamengeleenthede (MEO), waarin ’n leerling ’n minimum van drie vakke in November van die een jaar skryf en die res in Junie die volgende jaar, is volgens die DA ’n onding.

In die Oos-Kaap, Limpopo, Mpumalanga en die Noord-Kaap het 15% van die kandidate in November 2018 net sommige van hul eksamens geskryf.

“Die DA is bekommerd dat dié leerlinge nie vanjaar die oorblywende eksamens sal skryf nie.

“Toe ons die direkteur-generaal van basiese onderwys verlede jaar gevra het hoeveel van die leerlinge in 2018 die res van die eksamens geskryf het, kon hy nie vir ons sê nie.

“As dié leerlinge nie hul eksamens voltooi nie, word hulle eenvoudig uit die stelsel gelaat om die provinsiale slaagsyfers kunsmatig te verhoog,” sê Marchesi.

Die stelsel het die potensiaal om duisende leerlinge wat nie die MEO voltooi nie, verlore te laat gaan.

’n Goeie en tydige matriekkwalifikasie is belangrik vir skoolverlaters vir verdere onderwys en opleiding, om werk te verseker en te help om die siklus van armoede te beëindig.

Marchesi sê in die Wes-Kaap, die enigste provinsie waar die DA aan die bewind is, word leerlinge in die stelsel gehou.

“Ons sal aanhou veg om seker te maak leerlinge kry die beste moontlike geleenthede om die volwasse wêreld tegemoet te gaan. Dit is in teenstelling met die falende ANC wat eenvoudig sukkelende leerlinge in die steek laat net om die slaagsyfer beter te laat lyk.”

* Mmusi Maimane, die DA-leier, het die matrikulante wat geslaag het, op Twitter geluk gewens.

“Dit is ons plig om seker te maak daar is werksgeleenthede vir die jeug. Kom ons begin ’n nasionale burgerlike diens, programme vir internskappe, waagkapitaal en toegang tot hoër onderwys. Dit is ons deurslaggewende uitdaging.”

Meer oor:  Angie Motshekga  |  Politiek  |  Da  |  Matriekeksamen2018  |  Matrieks  |  Matriekuitlae2018
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.