Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tennis en akademie loop (amper) gelyk by dié kampioen

’n Suid-Afrikaanse junior tenniskampioen het twee kishoue in een stel gemoker toe sy haar matriekeindeksamen ses stroop baasgeraak het.

Delien Kleinhans, ’n tennisster uit die Vrystaat, het tydens haar eindeksamen vir ses van haar sewe vakke onderskeidings behaal. Dit terwyl sy ten tyde haar eindeksamen aan die Suid-Afrikaanse junior kampioenskap deelgeneem het waar sy vir die tweede agtereenvolgende jaar as die tenniskampioen gekroon is.

Dié slimkop, wat aan die Eunice High School for Girls in Bloemfontein gematrikuleer het, se kop staan egter tennis toe en sy sal haarself in Augustus vanjaar by die University of South Alabama aansluit waar sy met ’n tennisbeurs fisioterapie gaan studeer.

Delien Kleinhans slaag haar matriekjaar met ses onderskeidings.

Kleinhans sê sy het haar hele hoërskoolloopbaan haar oog op oorsese studies gehad.

“Ek wou nog altyd oorsee gaan swot en ek wou ook graag fisioterapie studeer,” sê die eerste-gekeurde tennisster.

Sy behaal onderskeidings in Afrikaans, wiskunde, fisiese wetenskap, lewenswetenskap, geskiedenis en lewensoriëntering.

“My skoolloopbaan het heelwat anders as die normale leerling s’n gelyk,” sê Kleinhans.

Omdat sy dikwels aan tennistoernooie wêreldwyd meegeding het, sê sy was sy meeste van die tyd meer op die tennisbaan as op die skoolbanke.

Delien Kleinhans in aksie op die baan.

“Ek moes baie keer my skoolwerk ná wedstryde en toernooie inhaal. Tydsbestuur en prioritisering was die kernwoorde van my hoërskoolloopbaan,” sê sy.

Alhoewel dit met tye uitdagend was om al haar balle in die lug te hou, sê Kleinhans was dit makliker met die hulp en ondersteuning van haar skool en onderwysers.

“Hulle het altyd seker gemaak dat ek die werk het wat ek in die klas sou misloop. Hulle het so baie moeite gedoen.”

Kleinhans sê sy sien uit na die nuwe avontuur wat vir haar in Amerika voorlê.

“Ek glo daar lê geleenthede voor vir my tennis wat ek nie noodwendig in Suid-Afrika sou kon losslaan nie. Ek sien uit daarna om in my loopbaan te groei en nuwe mense te kan ontmoet.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.