Die Wes-Kaapse matrikulante van 2019 kry hul uitslae binne 'n dag of wat. Alle uitslae is op 8 Januarie van 12:00 af by skole beskikbaar.
Vir diegene wat nie Woensdag hul uitslae by die skool kan gaan haal nie, is daar egter verskeie ander moontlikhede.
Jy kan ná 14:00 die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) se webtuiste by wcedonline.westerncape.gov.za besoek.

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse minister van onderwysFoto: Deon Raath
Jy kan ook jou ID-nommer en eksamennommer na 35658 SMS. Daar is ’n eenmalige koste van R3 vir die diens. Sodra jy geregistreer het, sal die uitslae per SMS na jou gestuur word.
Gebruik ook ander dienste, deur *120*35658# op jou foon in te tik. Nadat jy ’n paar vrae beantwoord het, moet jy jou ID-nommer intik. Sodra jy die proses voltooi het, sal jy jou uitslae per vak ontvang.
Alle suksesvolle kandidate sal ook op 9 Januarie in die koerante kan sien of hulle geslaag het. Jy sal egter jou eksamennommer moet ken, want pleks van jou naam, gaan net jou eksamennommer gebruik word.
Debbie Schäfer, Wes-Kaapse minister van onderwys, sal Woensdag die Paarl Gimnasium besoek wanneer skole hul uitslae ontvang.
Schäfer en haar departement sal ook op 16 Januarie die provinsie se toppresteerders by die premierswoning onthaal.
* Matriekuitslae hier te kry.