Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jonathan Jansen kap fokus op onderskeidings

Wat is die doel om agt onderskeidings in matriek te kry? Het jy ooit weer van hulle gehoor? het prof. Jonathan Jansen, voormalige rektor van die Universiteit van die Vrystaat, Donderdagoggend in ’n twiet gevra.

Die matrieks se IEB-uitslae word Donderdag bekend gemaak.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sal laatmiddag ook die nasionale slaagsyfer bekend maak.

In sy twiet vra Jansen ook of diegene met “agt onderskeidings” regtig “slim leerlinge, of die slagoffers van swak mentorskap” is.

Jansen het by navraag gesê hoewel hy kinders wat hard werk prys, dra skole die verkeerde boodskap uit.

Hy meen die kinders word as’t ware “slagoffers van hul sukses”.

Prof. Jonathan Jansen Foto: Mlungisi Louw

“Leer die ‘slim kinders’ op skool ware leierskap, vaardighede in kommunikasie, die vermoë om sin te maak van ’n situasie, kritiese denke en om met alle mense oor die weg te kom? Kinders werk baie hard om aan hul ouers en onderwysers se verwagtinge te voldoen, maar goeie mentorskap (wat al bogenoemde leer) is baie belangriker. Skole leer kinders om inligting te onthou,” sê Jansen.

Volgens Jansen is ’n goeie matriekpunt geen aanduiding van ’n kind se toekomstige sukses by ’n universiteit nie.

“Die studente wat vir my uitgestaan het op universiteit was nie dié met die beste punte nie. Dis dié wat hard gewerk het, verstaan het en met ander oor die weg gekom het.”

Jansen is verbonde aan die Universiteit Stellenbosch.

Meer oor:  Matriekuitslae  |  Onderskeidings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.