Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Top-presteerders
As dokter wil Jena teruggee aan gemeenskap

God het nie nog ’n dag tot jou lewe gevoeg omdat jy dit nodig het nie, maar omdat iemand daar buite jou nodig het.

Dít is die lewensleuse van die 18-jarige Jena Taylor ’n oud-matriekleerling van die Hoërskool Pietersburg (PHS) in Polokwane.

Jena Taylor (18) van die Hoërskool Pietersburg (PHS) in Polokwane in Limpopo.

Dié skrander leerling is een van Limpopo se uitblinkers in die matriekeindeksamen van 2018.

Sy is ook een van net ’n handjievol leerlinge van Limpopo wat keuring gekry het om medies aan die Universiteit van Pretoria te studeer.

Jena het agt onderskeidings behaal in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, ekonomie, lewenswetenskap en fisiese wetenskap. 

Haar gunstelingvak was lewenswetenskap.

“Dit was vir my wonderlik om te sien waaruit ’n mens se liggaam bestaan. Daar is soveel elemente betrokke sodat ons elkeen as ’n individu kan bestaan.”

Jena sê lewenswetenskap het haar ook geleer dat enige wanbalans in jou liggaam ’n reuse-invloed kan hê.

Jena was ’n lid van PHS se verteenwoordigende leerlingraad (VLR) en het aan atletiek en krieket deelgeneem.

Sy sê sy gaan die ondersteuningsnetwerk wat haar skoolloopbaan haar gebied het, die meeste mis.

“Ek het van die beste onderwysers gehad wat uit hul pad gegaan het vir ons. Ek sal selfs die ‘kantoortannies’ en die skoonmakers mis.”

Jena trek vanjaar by die Curlitzia-koshuis van die Universiteit van Pretoria in.

Sy het besluit om medies te studeer omdat sy graag mense wil help wanneer hulle self nie kan nie.

“Ek het ’n groot passie vir mense, maar veral babas.”

Jena beplan om in neonatologie te spesialiseer sodat sy babas, wat ’n skrale kans op oorlewing het, kan help om groot te word.

“Kinders is immers ons almal se toekoms.

“Ek glo ook dat ons nie vir onsself leef nie, maar om ander mense te dien. So ek wil met my vaardighede teruggee veral aan die gemeenskap wat my gevorm het.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.