Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Top-presteerders
Gehoorgestremde oorstelp oor topprys
Danie Emmenis (21) by die matriekuitslaegeleentheid wat Maandag in Gauteng gehou is. By hom is Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, en Angie Motshekga, minister van basiese onderwys. Foto: Verskaf

’n Matrikulant uit die klas van 2020 wat op die ouderdom van drie maande gehoorprobleme weens ’n virus ontwikkel het, is as die beste presteerder in gebaretaal as huistaal in die land aangewys.

Danie Emmenis (21), ’n oudmatriekleerling van die Trans-Oranje-skool vir dowe leerlinge, sê hy was oorstelp om Maandag dié goeie nuus te kry en Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, en Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, te ontmoet.

“Dit was ’n voorreg dat hulle my persoonlik geluk gewens het met my prestasie.”

Johan, Danie se pa, vertel sy seun het talle oorbruggingsjare in sy skoolloopbaan gehad.

“Hy het op drie jaar al vir die eerste keer skool toe gegaan.”

Toe het hy ’n basiese kommunikasiemiddel aangeleer. Hy het eers op sesjarige ouderdom die inplantings ontvang.

Danie Emmenis (21) en Panyaza Lesufi geniet ’n ligte oomblik saam. Foto: Verskaf

Jano, sy ouer broer, het hom deurentyd bygestaan en gehelp deur die jare op skool, vertel Danie trots.

Sy droom is om skool te gee vir leerlinge wat ook, nes hy, gehoorgestremd is.

Hy is as baba met ’n virus genaamd enkafilitus gediagnoseer en kan niks hoor sonder sy kogliêre inplantings nie.

“Met dié apparaat kan ek amper normaal hoor.”

As hy een boodskap aan matrieks met gestremdhede kan oordra, sal dit die volgende wees: “Leer hard om jou doelwitte te bereik, vra vir die onderwysers om te help waar jy sukkel. Toon altyd respek en wees ’n harde werker. Gee aandag in die klas.”

Sy stokperdjies is om na musiek te luister en rolprente en vervolgverhale te kyk.

“Ek wil net dankie sê vir al die onderwysers in Trans-Oranje Skool vir dowes en spesifiek vir juf. Jackie Oosthuizen wat my gebaretaal geleer het.”

Danie was vir vier jaar op die skool se leerlingraad en was vir een jaar hoofseun van die skool.

“Dit het my goeie eienskappe geleer.”

• Sinoyolo Ngubene van KwaZulu-Natal is tweede beste in gebaretaal in die land en Khadeejah Hansrod, ook van KZN, derde.

Meer oor:  Gauteng  |  Matriek 2020  |  Matriekeksamen  |  Matrieks  |  Matriekresultate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.