Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Top-presteerders
Henco takel alles 100%, ook skoolbywoning

Henco Bothma gee 100% in alles wat hy aanpak.

Dieselfde het vir sy skoolbywoning gegeld.

Henco het as een van die Hoërskool Zwartkop se toppresteerders gematrikuleer en spog met ’n 100%-skoolbywoningsyfer vir sy hele skoolloopbaan – al moes dit tydens die inperking virtuele skoolbesoeke wees.

Henco Bothma

“Ek was eintlik baie gelukkig dat al die kindersiektes, soos waterpokkies, my oor vakansies getref het,” verduidelik Henco oor die aanvang van sy sukses.

Hy sê ná sy laerskoolloopbaan het hy besluit om deur te druk.

“Daar was ’n paar dae wat ek gedink het dis onnodig en wat ek gewonder het hoekom ek dit probeer doen, maar ek het net elke keer deurgedruk.”

Henco sê net soos met sy skoolbywoning, probeer hy om alles wat oor sy pad kom volstoom aan te pak.

As onderhoofseun van akademie het hy ook nie toegelaat dat die Covid-19-pandemie en gevolglike inperking ’n stok in sy wiel steek nie.

Henco vertel geesdriftig hoe hy en sy mede-onderhoofleier van akademie die pandemie aangepak het.

“Ons het video’s gemaak en aan die kinders gestuur en bingo’s gemaak en hulle uitgedaag om dit op Instagram te plaas . . . ons het ons goed van ons taak gekwyt, al was dit ’n moeilike jaar.”

Hy meen dit is dié ingesteldheid van die bul by die horings pak wat vir hom onderskeidings besorg het in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, ingenieursgrafika en -ontwerp, lewenswetenskap en fisiese wetenskap.

Henco is ingeskryf om medies aan die Universiteit van Pretoria te studeer en sê ook in sy tersiêre onderrig is hy van plan om 100% te gee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.