Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Top-presteerders
Hier is Noordwes se topmatrikulant!

Jana Geyser van die Hoërskool Rustenburg in Noordwes is dié provinsie se toppresteerder.

Jana Geyser, Noordwes se topstudent. Foto: Verskaf

Jana het sewe onderskeidings behaal en in al haar vakke ’n gemiddeld van meer as 90% gehandhaaf.

Mmaphefo Matsemela, LUR vir onderwys in Noordwes, het gedurende die bekendmaking van die provinsiale uitslae Dinsdag in Potchefstroom gesê die provinsie se slaagsyfer is 76,2% – ’n bietjie minder as die 80% waarop die provinsie gehoop het.

Sy het egter daarop gewys dat dit ’n jaar van uitsonderlike uitdagings was weens die Covid-19-pandemie.

Die Bojanala-distrik in die Brits- en Rustenburg-omgewing is die streek wat die beste in die provinsie gepresteer het.

Matrieks in die Rustenburg-omgewing het die beste in die provinsie gepresteer met ’n slaagsyfer van 83,8%, met J.B. Marks in Potchefstroom en Ventersdorp kort op sy hakke met ’n slaagsyfer van 82,1%.

Altesaam 30 skole in die provinsie het ’n 100%-slaagsyfer. Dit sluit die Meerhofskool in Brits vir kinders met gestremdhede in.

Meer oor:  Jana Geyser  |  Rustenburg  |  Noordwes  |  . Matriekeksamen  |  Matrieks  |  Topmatrikulant  |  Matriek2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.