Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Top-presteerders
Hokkie gee Elita vlerke

Van kleins af is sy op die hokkieveld en haar drome het in haar matriekjaar ’n realiteit geword toe sy in groen en goud vir Suid-Afrika uitgedraf het.

Elita van Staden (18) van die Hoërskool Menlopark sê ’n hoogtepunt in haar lewe was toe sy verlede jaar as deel van die o.18 junior Suid-Afrikaanse hokkiespan teen Australië gewen het. Dit was die eerste keer sedert 2002 dat dié junior span hul Australiese teenstanders kon laat les opsê.

elita van staden
Elita van Staden (18) van die Hoërskool Menlopark in Pretoria.

“Van kleins af speel ek hokkie, sommer langs die veld, omdat my ma ’n hokkieafrigter is. Toe ons teen Australië gewen het, het dit gevoel asof die drome wat ek as klein dogtertjie gehad het, waar geword het,” sê sy.

En nou gee haar vernuf op die hokkieveld haar die geleentheid om in die buiteland te gaan studeer. “Ek het ’n beurs gekry om in Amerika aan die Universiteit van Pennsilvanië te gaan studeer.” Sy vertrek in Augustus daarheen om aan atletiek en hokkie deel te neem. Sy gaan ondernemingsbestuur studeer.

“Ek is ’n bietjie op my senuwees oor die feit dat ek Amerika toe trek, dit is nogal ’n uitdaging, maar as jy só ’n geleentheid kry is daar nie ’n kans dat ’n mens nee kan sê nie.”

Sy beplan om eendag ’n sakevrou te word wat by die New Yorkse aandelebeurs in Wall Street werk. “My droom is om die wêreld te verander uit die boonste kantoor van een van die grootste maatskappye in die wêreld,” sê sy.

Sy sê haar passie is om dinge te ontleed en te herstruktureer sodat dit verbeter kan word. “Ek wil graag ’n indruk maak op mense se lewens en ek glo ek kan dit doen as ’n sakevrou.”

Benewens haar prestasies op die sportveld het Elita vyf onderskeidings verwerf in Afrikaans, ekonomie, rekeningkunde, lewensoriëntering en Frans. 

Een van haar grootste rolmodelle is haar pa, Kobus, ’n sitrusboer van Hoedspruit. “Alhoewel ek na Pretoria verhuis het om skool te gaan in die Laerskool Menlopark, het my pa steeds elke naweek deurgery om my te ondersteun as ek sport gedoen het.”

Haar ma, Maleni, is ’n onderwyseres.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.