Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Top-presteerders
KYK: Koerant het haar geleer om met mense te werk

Dié donkerkop van die Hoërskool Zwartkop in Centurion se hande en kop staan vir niks verkeerd nie.

Alta Bruwer (18) presteer nie net akademies nie, maar sy was ook die hoofmeisie van haar skool, die redaktrise van die skoolkoerant en boonop het sy hokkie gespeel en aan redenaars deelgeneem.

Alta Bruwer (18), oudleerling van die Hoërskool Zwartkop in Centurion, sien uit daarna om haar eie mens te wees. Foto: Deaan Vivier

“Ek het in gr. 10 begin as ’n subredakteur by ons skoolkoerant, Die Zwart op Wit.

“By die koerant het ek geleer spertye is baie belangrik, maar ek het ook geleer om met mense te werk. Dit was interessant om almal se verskillende belangstellings en skryfstyle te sien.”

Alta sê dít is vaardighede wat sy in die toekoms ook sal kan gebruik.

“Ek weet as ek eendag met ’n ryk man trou, sal ek my eie tydskrif kan begin,” skerts sy.

In haar vrye tyd geniet sy musiek, om te lees en om te kyk na die jongste modegiere.

Alta het agt onderskeidings in die matriekeksamen verwerf in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, ekonomie, inligtingstegnologie, fisiese wetenskap en ingenieursgrafika en -ontwerp. 

“My gunstelingvakke is wiskunde en ekonomie. Ek hou van wiskunde omdat dit logies is. En as daar een ding in die ekonomie gebeur, veroorsaak dit ’n kettingreaksie. Jy kan dus goed vir jouself uitredeneer.”

Haar raad aan toekomstige matrieks is om goed te beplan. “ ’n Mens moet deurlopend werk en lank vooruit beplan. Die idee is om vir so lank as moontlik so min as moontlik op ’n dag te doen. Ek het byvoorbeeld een hoofstuk per dag in minstens vier vakke per dag geleer.”

Alta studeer vanjaar aktuariële wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch (US) met die plan om eendag ’n aktuaris of ’n sakeontleder te word.

“Waarna ek die meeste uitsien ná skool, is om te begin werk en om my eie mens te wees. Dit sal lekker wees om self te bepaal wat ek doen,” sê sy.

Sy sê die beste deel van skool was om daagliks vriende te sien. “Die feit dat jy nie moeite hoef te doen om by mense uit te kom nie, maar sommer net in hulle vasloop, was lekker. Ek gaan beslis skool mis.”

Vir haar matriekvakansie was Alta op ’n bootreis saam met haar vriendinne.

Haar pa, Cobus, is ’n meganiese ingenieur en haar ma, Thea, ’n verkoopsverteenwoordiger by ’n boekuitgewer. Haar ouer suster, Lise, studeer rekeningkunde aan die US.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.