Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Top-presteerders
Limpopo se topmatriek wou nie Covid-krisis ‘mors’ nie

Limpopo se topmatriekpresteerder, Diana van Niekerk (18), van die Hoërskool Pietersburg (PHS) in Polokwane, het die Covid-19-pandemie gebruik om haar "op nuwe maniere te motiveer."

Die skrander leerling het "don't waste a good crisis", die woorde van die Britse staatsman Winston Churchill, gebruik om haar te motiveer in 2020, wat op sy kop gekeer is weens die wêreldwye pandemie wat onder meer skole weke aaneen gesluit gehou het.

"Dit was die volmaakte geleentheid vir leerlinge om bo ons omstandighede uit te styg."

Diana van Niekerk (18) van die Hoërskool Pietersburg (PHS) in Polokwane is Limpopo se topmatriekpresteerder.

Diana het die vrugte van haar harde werk gepluk en het nege onderskeidings behaal.

Sy het in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, lewenswetenskap, ekonomie, fisiese wetenskap en gevorderde wiskunde uitgeblink.

Haar twee gunstelingvakke is fisiese wetenskap en wiskunde.

"Dit het my uitgedaag om met vrae te volhard totdat ek dit reggekry het. Die twee vakke het my toegelaat om my eie maniere te vind om by die regte antwoord uit te kom."

Diana gaan vanjaar arbeidsterapie aan die Universiteit Stellenbosch studeer en gaan ’n inwoner van die Heemstede-koshuis word.

Sy sê haar lewensfilosofie is: "As jy die Here se wil vir jou lewe vreugdevol najaag, sal Hy alles voorsien wat jy nodig het om sy wil te bereik."

Diana van Niekerk (18) van die Hoërskool Pietersburg in Polokwane is Limpopo se topmatriekleerling. Foto: Rudzani Tshikororo

Haar ma, Maret van Niekerk is ’n onderwyseres aan die Laerskool Messina in Musina en haar pa is Johnnie van Niekerk wat in die Musina-distrik boer. Sy het ’n ouer broer, Martin (20).

"Ek geniet die plaaslewe vreeslik baie, veral om saam met my pa die skape te versorg en te voer."

Diana is ook lief vir lees en hokkie is een van haar vele stokperdjies.

Polly Boshielo, LUR van onderwys in Limpopo, het Dinsdag tydens die provinsiale prysuitdeling in Polokwane gesê sy is trots dat die topdriepresteerders in die provinsie meisies is.

Kopano Lephalala (18) van die Dendron Secondary School in Dendron is die tweede beste presteerder in Limpopo en Meriam Mudau (18) van Mbilwi Secondary School in Sibasa het die derde beste punte in die matriekeindeksamen van 2020 behaal.

Limpopo se slaagsyfer is 68,2%.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.