Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Top-presteerders
Raad vir matrieks van Bloemhof se slimkop

Met agt A’s in die sakkie gaan Louie Gerber (18) van die Hoër Meisieskool Bloemhof vanjaar aktuariële wetenskappe by die Universiteit Stellenbosch studeer.

Wat is jou wenke vir vanjaar se matrieks?

Werk hard vir jou Septembereksamen, dit is ’n baie goeie aanduiding van hoe jy te werk moet gaan vir jou eindeksamen. Ek was al in September klaar geleer vir die eindeksamen, so daar was baie tyd vir hersiening.

As jy vakke soos wiskunde en rekeningkunde neem, bly heeltyd op datum.

Doen elke dag jou deel en begin al ou vraestelle uitwerk vir die Junie-eksamen. So sien jy al die soort uitvangvrae wat hulle moontlik in eindeksamenvraestelle kan gebruik.

Maak seker jy gaan jou werk na met eindeksamen memorandums – dit wys jou waar die punte lê en hoe jy vrae moet beantwoord.

Hoe het jy by al jou werk uitgekom met agt vakke?

Ek het my ekstra vak by die Paul Roos Gimnasium geneem en die onderwysers daar het dit altyd vir my maklik gemaak om in geografie by te bly sonder om te veel van my tyd af te staan aan die vak.

Ek het eenvoudig net elke dag my deel gedoen en die werk verdeel in kleiner stukkies om ’n soort ‘mikroleer’ toe te pas.

Só het ek myself nie oorweldig met groot massas leerwerk as eksamens nader gekom het nie.

So sien jy al die soort uitvangvrae wat hulle moontlik in eindeksamenvraestelle kan gebruik.

Ek het eerder ’n kleiner deel elke dag geleer en gesorg dat ek dit baie goed ken, eerder as om groot stukke werk net half te ken.

Dit het egter steeds baie laat nagte geverg, veral as dit by praktiese vakke kom.

As ek nie verder nuwe kennis kon inneem nie, het ek wiskunde gedoen of voorbeelde uitgewerk.

Dit het gehelp om meer as een vak per dag te doen sodat my brein op ’n manier kon afskakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.