Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Top-presteerders
Skool behaal 100%-slaagsyfer vir 46ste jaar

St. Benedict’s College, ’n seunskool in Johannesburg, se matrieks het vir die 46ste agtereenvolgende jaar ’n 100%-slaagsyfer behaal.

Dave Jeffrey, die skoolhoof, skryf dié uitsonderlike prestasie toe aan “die kultuur onder die onderwysers om aan te pas en altyd in die behoeftes van die seuns te voorsien”.

“Daar word aan die begin van elke jaar akademiese doelwitte gestel. Onderwysers sit dan skouer aan die wiel om hierdie doelwitte deur die loop van die jaar te bereik,” sê Jeffrey.

Twee seuns van die skool het in 2020 ’n gemiddeld van meer as 90% behaal, terwyl agt seuns onder die land se toppresteerders in hul onderskeie vakke is.

Matt Oosthuizen, Aiden Plotz, Akhil Govan, Ricardo Coelho en Gordon Grossett is St. Benedict’s in Johannesburg se toppresteerders. Foto: Verskaf

Met ’n onderskeidingsverhouding van twee vakke per leerling – ondanks ’n rits uitdagings weens die Covid-19-pandemie – het die seuns van St. Benedict’s nogtans daarin geslaag om die skool se naam met ’n 100%-slaagsyfer hoog te hou.

“Die resep vir ons sukses lê daarin dat die personeel by die skool dit by die seuns inprent dat hulle oor baie potensiaal beskik en enige uitdaging die hoof kan bied. ’n Stewige digitale leerprogram was ook van onskatbare waarde, veral met alles wat verlede jaar gebeur het,” sê Jeffrey.

Met ’n benydenswaardige gemiddeld van 92,4% en agt onderskeidings in die matriekeksamen is Matt Oosthuizen as die topmatrikulant van St. Benedict’s aangewys.

Nog ’n uitblinker, Aiden Plotz, het ’n gemiddeld van 90% en onderskeidings in agt vakke behaal.

Akhil Govan spog met ’n gemiddeld van 88,4%, Jacques Theron met 89%, Ricardo Coelho met 87,4% en Gordon Grossett met 86,1%. Hulle het almal agt onderskeidings behaal.

Meer oor:  Slaagsyfer  |  Onderskeidings  |  Matriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.