Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Top-presteerders
Slimkop in wiskunde klop selfs studente

Al was hy verlede jaar nog ’n skoolleerling, het Ralph McDougall (18) teen universiteit­studente in wiskunde meegeding en uitstekend gevaar.

Ralph McDougall (18) van Curro Durbanville het op skool al universiteitsvlak-wiskunde gedoen.

“Ek het nog altyd baie goed gedoen in wiskunde op skool. Vanaf gr. 5 of 6 het ek doelbewus begin om my wiskunde soveel as moontlik te oefen en verder te gaan as die skoolsillabus,” sê hy.

Ralph, wat aan Curro Durbanville gematrikuleer het, het verlede jaar by die Suid-Afrikaanse tersiêre wiskunde-olimpiade ’n plek in die topses, saam met tweede- en derdejaarstudente, behaal.

“Ek geniet dit om kreatiewe oplossings vir moeilike probleme te kry."

Hy het ook in September verlede jaar aan die internasionale olimpiade in informatika in Japan as deel van die Suid-Afrikaanse span deelgeneem.

“Ek geniet dit om kreatiewe oplossings vir moeilike probleme te kry."

“Dit is baie bevredigend wanneer jy ure aan ’n moeilike probleem gewerk het en die belangrike deurbraak maak deur dit op te los.”

Agt onderskeidings kaf gedraf

Nadat hy matriek met agt onderskeieidngs in die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se eksamen geslaag het, gaan hy aan die Universiteit Stellenbosch elektroniese ingenieurswese studeer.

Benewens ’n goeie ondersteuningstelsel by die huis, kry Ralph ook ondersteuning van die skool waar die onderwysers hom toelaat om in die wiskundeklasse werk op ’n hoër vlak te doen.

“Die skool het my ook geakkommodeer toe ek weke lank weens wiskunde skool gemis het deur toetse te skuif en toe te laat dat ek my take via e-pos stuur,” sê hy.

Hy was ook verlede jaar die wenner van die Universiteit van Kaapstad se wiskundekompetisie.

Volgens Ralph het sy voormalige juffrou Maria Schmidt, wat vir hom wiskunde van gr. 7 tot gr. 10 gegee het, gehelp om sy talent te kweek.

“Dit was ’n groot oomblik vir my. Dis iets wat ek al van gr. 8 af wou wen, so dit was lekker om dit in my finale jaar te bereik.”

Volgens Ralph het sy voormalige juffrou Maria Schmidt, wat vir hom wiskunde van gr. 7 tot gr. 10 gegee het, gehelp om sy talent te kweek.

“Die onderwysers by Curro moedig die leerlinge aan om ‘te speel’ op apps soos GeoGebra.

“Die onderwysers is ook baie gretig om jou in te teken vir olimpiades, wat baie goed is, aangesien dit jou die geleentheid gee om moeiliker dog interessante probleme teë te kom,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.