Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Top-presteerders
Slim skoonheid ryg prestasies én titels in

Hoewel dit ’n baie moeilike jaar was, het ’n skoonheidskoningin van Centurion steeds 2020 met ’n lys prestasies geëindig.

Nicola Knoetze (18) van die Hoërskool Zwartkop het nie net akademies uitgeblink met onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels huistaal, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, musiek en visuele kuns nie.

Buite die skoolgronde het sy ook groot hoogtes bereik en is sy as Miss Gauteng Schools 2020 gekroon, asook Miss Junior South Africa 2020. Dit was vir haar ’n groot eer om albei skoonheidskompetisies te kon wen.

Nicola Knoetze
Nicola Knoetze Foto: Verskaf

“Miss Junior South Africa skep ’n groot geleentheid vir my om liefdadigheidswerk in my gemeenskap te doen. Dit gee my ook die geleentheid om vanjaar oorsee aan Miss 7 Continents te gaan deelneem, as Covid-19 dit toelaat,” sê Nicola.

As ’n middel- en langafstandatleet was een van die lekkerste gebeurtenisse van 2020 om aan haar laaste interhoëratletiekbyeenkoms deel te neem. Die matriekafskeid was ook ’n hoogtepunt, al was daar sprake dat die glansgeleentheid nie sou plaasvind nie.

“2020 was nou nie juis wat ek wou gehad het nie, want ons het ongelukkig baie dinge misgeloop as gevolg van die koronavirus.”

“Wat vir my hartseer was, is dat ons weens die pandemie vir ’n aantal maande tuisonderrig ontvang het. Vir my was dit ’n uitdaging, want ek is ’n mensemens. Dit was ook moeilik om akademies te presteer en gefokus te bly,” sê sy.

Die jaar het haar egter geleer om klein goedjies in die lewe te waardeer, soos die tyd wat sy wel saam met vriende by die skool gehad het en die tyd saam met haar familie. “Dit het my geleer om in moeilike omstandighede steeds te kan deurdruk en presteer, sodat dit my nie onderkry nie.”

Nicola gaan BCom-rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria studeer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.