Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Top-presteerders
Van ‘sukkel-leerling’ tot toppresteerder

Om vir die eerste keer in gr. 8 eksamen te moes skryf, boonop by ’n nuwe skool, was vir Daneel Moller (18) ’n groot skok en aanpassing. Tog het hy sterk gestaan, homself gedwing om te leer en nou is hy een van die skool se toppresteerders.

Nadat hy nie eers lekker geweet het hoe om te leer nie, het Daneel Moller hard gewerk om een van die skool se toppresteerders te word.Foto: VERSKAF

“Toe ek in gr. 8 by Paul Roos begin het, het ek veral akademies moeilik aangepas en baie gesukkel met wiskunde.

“My laerskool was baie anders as dit by akademie kom. Dit was ’n skool wat meer op kreatiwiteit en take gefokus het. By Paul Roos moes ons elke Dinsdag ’n toets skryf. Ek het nie eens geweet hoe om te leer nie!” vertel hy.

Veral wiskunde was die grootste probleem, maar gelukkig het sy ouers die probleem raakgesien en hulp gaan soek by die onderwysers.

“Dit was vreemd om in ’n heel ander skool in te kom en dan boonop nog geen vriende te hê nie. Niks van my vriende van die vorige skool is Paul Roos toe nie, so ek het niemand geken nie.

“Ek het toe maar vir die eerste keer begin rugby speel om vriende te maak. Ek het ook koor gesing en by ander aktiwiteite van die skool betrokke geraak. Die vriende wat ek gemaak het, het ’n groot invloed gehad op my ervaring by die skool en was die dryfkrag om ’n sukses van my skoolloopbaan te maak.”

In dié skool pas almal in en daar is iets vir almal om te doen. Dit is selfs maklik om in te pas as jy niks doen nie.

Ten spyte van die moeilike begin, het Daneel gister aan die Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch gematrikuleer met sewe A’s.

Hy vertel dat hy met alle mag Paul Roos toe wou gaan, al het hy geweet die uitdagings gaan daar wees.

“In dié skool pas almal in en daar is iets vir almal om te doen. Dit is selfs maklik om in te pas as jy niks doen nie.

“Ek het nooit gedink ek sou op die leerlingraad wees óf selfs die voorsitter van ’n komitee nie.”

Hy was nog altyd ’n baie sosiale mens, maar met sy agterstand in leer moes hy sy tyd baie mooi bestuur tussen vriende, verpligtinge en akademie.

“In gr. 8 was ek agter, maar nou is ek weer voor, want ek ken van harde werk.

‘Ek het besef ek kan bydra tot die skool én steeds in my akademie goed doen. Ek het net besef ek sal meer moet doen en harder moet leer as ander.”

Meer oor:  Paul Roos  |  Matriek2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.