Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Absa gee beurse vir topfinaliste
Absa is vanjaar weer ’n lojale borg van die Matrikulant van die Jaar-kompetisie. Van links is Thomas September, streekbestuurder: verhoudingsbankdienste van Absa, Abdul Adam, Thabiso Moletsane, hoof: verhoudingsbankdienste (Vrystaat en Noord-Kaap) van Absa, en Runé Edeling. Foto: SISKA MARTIN

“By Absa glo ons in geleenthede en ons prioriteit is om betrokke te wees om die basiese boublokke te lê wat verseker dat jong Suid-Afrikaners die geleentheid het om hul toekoms te heroorweeg en moontlikhede te laat oorgaan na aksie.”

So sê Thomas September, streekbestuurder: verhoudingsbankdienste van Absa, vanjaar weer een van die borge van die Universiteit van die Vrystaat (UV), Netwerk24 en Volksblad se Matrikulant van die Jaar-kompetisie.

Dié kompetisie word vanjaar vir die 40ste keer aangebied nadat dit verlede jaar weens die Covid-19-pandemie nie kon plaasvind nie.

Volgens September het die bankgroep homself verbind aan die vasteland en sy jeug wat betref sy kennis, bates, geldelike beleggings, personeel se tyd en vaardighede en vennootskappe oor alle afdelings van sy besigheid. “Ons verbintenis om gemeenskappe beter te laat as wat ons dit gekry het, is die lewensaar van die manier waarop ons sake doen – nou en in die toekoms.”

Absa se borgskap behels beurse ter waarde van R85 000 vir die 14 topfinaliste in die kompetisie.

Vir twee van die finaliste van die kompetisie in 2019, Abdul Adam en Runé Edeling, was een van die voordele van hul deelname en die finale beoordeling in Bloemfontein, dat hulle vriende kon maak nog voor hul studies begin het en dus nie so vreemd gevoel het toe hulle verlede jaar begin studeer het nie.

Abdul, ’n oudleerling van die St Joseph’s Christian Brothers College in Bloemfontein en nou ’n tweedejaarstudent in aktuariële wetenskap, sê hy is steeds vriende met baie van die studente wat hy tydens die finale beoordeling ontmoet het.

“Ek is nie ’n baie sosiale mens nie en die kompetisie het my gedwing om nuwe mense te ontmoet.” Verlede jaar se inperking was nie vir Abdul so sleg nie, maar dit was wel uitdagend vir sy studies.

Runé, wat aan Eunice High School in Bloemfontein gematrikuleer het, sê ’n groot voordeel van die kompetisie is dat dit jou blootstel aan die universiteit en dit voel dan nie so vreemd as jy hier aanmeld vir jou eerste jaar nie.

Dié student in meganiese ingenieurswese vertel ook die kompetisie het haar finaal laat besluit om in Bloemfontein te bly. “Toe die Covid-19-pandemie kom, was dit ook net baie makliker om in die stad te wees.”

Gr. 12-leerlinge van oor die land heen wat in akademie presteer, asook betrokke is by kultuur, sport en leierskap aan hul skole, kan hulle nou vir die 40ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie inskryf. Gemeenskapsdiens en -betrokkenheid sal ook in aanmerking geneem word.

Pryse ter waarde van duisende rande is op die spel vir die wenner en finaliste.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 6 Augustus.

Vir inskrywingsvorms of meer inligting, stuur e-pos aan Linda Greyling na greylinl@ufs.ac.za.

Meer oor:  Matrikulant Van Die Jaar  |  Absa  |  Beurse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.