Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
‘Besigheidstudie was ’n maklike vraestel’

Kenners is positief en tevrede oor die standaard van Donderdag se besigheidstudie-eindeksamenvraestel.

Elizma Geldenhuys, onderwyseres aan die Hoërskool Kroonstad (Blouskool), sê leerlinge van dié skool wat die vraestel afgelê het, is baie positief daaroor.

Geldenhuys sê die Blouskool se matrieks het wel met die tyd gesukkel en leerlinge se penne was nog tot op die laaste sekonde in hul hande.

“Daar was ’n goeie balans tussen lae- en hoë-orde-vrae. Daar was nie regtig enige vangplekke nie.”

Yolandie O’Reilly, departementshoof van besigheidstudie aan die Hoërskool Bergvlam in Mbombela, Mpumalanga, sê die vraestel was redelik, “solank hulle net al die moontlike antwoorde oor al die bronne in vanjaar se memorandum insluit”.

Volgens haar was daar wel genoeg hoë-orde-vrae. “Hulle het die vrae nie met die doel gevra om kinders uit te vang nie, maar om hul kennis te toets,” sê O’Reilly.

“Die vraestel was billik. Vraag 6.9 kon dalk vir die leerlinge onbekend wees, maar die res van vraag ses was maklik, veral 6.1 wat ses punte getel het,” sê Elize Gouws, onderwyseres aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad.

Volgens haar kan vraag vier as ’n moeiliker vraag beskou word, maar besigheidsrolle se langvraag is baie billik. “Dit was ’n billike vraestel en ek hoop die matrieks van 2019 presteer goed,” sê sy.

Die vraestel is veel beter as die vraestel van die vorige jaar, sê Martheli Roets, vakhoof vir matrikulante aan die Hoërskool Andrew Rabie in Port Elizabeth.

“Die vrae is goed gevra, die kind wat beter presteer, gaan meer gestimuleer word, maar die kind wat bietjie sukkel, sou mooi moes lees. Ek dink tog daar was genoeg vrae vir elkeen om die minimum vereistes te behaal,” sê sy. “Alles in die leerplan is gedek, daar was geen verrassings vir die leerlinge nie.”

Ricardo Smit, MJ Roothman en Dian Reynecke van die Hoërskool Eldoraigne in Centurion hou vir Monique Stephens vas. Hulle het Donderdag besigheidstudie geskryf. Foto: Arisa Janse van Rensburg

Meer oor:  Kaapstad  |  Matriekvraestel  |  Besigheidstudies  |  Matrieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.