
Joanne Eatwell Foto: Verskaf

Megan Hall Foto: Verskaf

Rehan le Maitre Foto: Verskaf

Sheneca Smith Foto: Verskaf

Timoné Louw Foto: Verskaf
Die tweede vraestel in besigheidstudies was vir die matrikulante van die Hoërskool Marais Viljoen in Alberton billik.
Rehan le Maitre, die voormalige hoofseun, sê die vraestel was redelik.
“Ek het vorige jare se vraestelle deurgewerk en uit opsommings geleer. Ons het ook hard deur die jaar gewerk, wat vir ons ’n voorsprong gegee het.”
Sheneca Smith sê dit was ’n goeie vraestel en sy het voorberei deur die notas van haar rekordeksamen te leer.
“Die langvraag was die moeilikste,” sê sy.
Joanne Eatwell sê sy het ook deeglik vir die vraestel voorberei en glo sy sal beter vaar as in die rekordeksamen
“Ek het deur die afgelope vier jaar se ou November-vraestelle gewerk en die afgelope twee jaar se Februarie- en Maart-vraestelle,” sê sy.
Timoné Louw sê die vraestel was vir haar in die geheel maklik en sy glo sy sal goed doen.
“Ek kon by die langvraag, wat gewoonlik die meeste tyd vat, my kennis op papier neersit sonder dat ek gesukkel het,” sê Timoné.
Megan Hall sê “dit was ’n goeie vraestel”. Volgens haar was vraag 4 die moeilikste en vraag 2 die maklikste.
Matrikulante skryf Donderdag geskiedenis vraestel 1.