Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Dié matrieks vol hoop vir toekoms

Jongmense wat Woensdag hul matriekuitslae by skole aan die Wes-Rand gaan afhaal het, deel ’n aansteeklike opgewondenheid vir die toekoms en kan nie wag om ’n verskil te maak nie.

Dié 18-jarige van Damian Brown van Discovery is in sy noppies met sy punte maar wil sy geskiedenis-vraestel weer laat merk omdat hy glo dat hy ’n onderskeiding in dié vak, een van sy gunstelinge, behaal het.Foto: Werner Beukes

“Ek glo ’n mens moet jou passie volg en my passie is my liefde om motors te bestuur en te herstel,” sê Damian Brown wat Woensdagoggend vroeg al onder die eerstes was wat sy uitslae by Hoërskool Florida in

Roodepoort gaan haal het. Dié 18-jarige van Discovery is in sy noppies met sy punte maar wil sy geskiedenis-vraestel weer laat merk omdat hy glo dat hy ’n onderskeiding in dié vak, een van sy gunstelinge, behaal het. “Ek wil my eers as motorwerktuigkundige bekwaam en dan oorsee reis maar ek sal altyd terugkeer na Suid-Afrika vir sy klimaat en unieke mense,” sê Damian. Hy maak geen geheim daarvan dat hy ’n reuse-aanhanger van luukse Duitse motors is nie. “Ek besit nog nie ’n Mercedes nie maar wat is ’n man sonder sy drome,” knipoog dié ambisieuse langeraad.

“Jongmense moenie swartgallig wees nie. Daar wag ’n mooi toekoms in die land op enigeen wat bereid is om hard te werk en ’n verskil te maak,” sê Johann Snijder, wat eers ’n BA-graad in tale aan die Universiteit van Pretoria en dan teologie wil studeer.Foto: Werner Beukes

’n Preekstoel is Johann Snijder (18), ’n matrikulant aan Hoërskool Florida en inwoner van Discovery, se voorland. “Jongmense moenie swartgallig wees nie. Daar wag ’n mooi toekoms in die land op enigeen wat bereid is om hard te werk en ’n verskil te maak,” sê Johann, wat eers ’n BA-graad in tale aan die Universiteit van Pretoria en dan teologie wil studeer.

Lindi Badenhorst (18) van Hoërskool Florida se raad aan matrikulante: “Let op in die klas, doen elke dag jou opsommings en moenie die onnies ’n harde tyd gee nie.”Foto: Werner Beukes

Lindi Badenhorst (18) van Hoërskool Florida het nie op haar laat wag nie en sommer gou begin raad uitdeel aan vanjaar se matrikulante: “Let op in die klas, doen elke dag jou opsommings en moenie die onnies ’n harde tyd gee nie.” Dit is Lindi, wat natuurbewaring wil studeer, se resep vir sukses. “Die eksamen was taai maar ek is tevrede met die punte wat ek behaal het,” sê sy.

Andries van Aswegen en Carmin van Wyk (albei18) is ook onder diegene wat Woensdag hul punte by Hoërskool Florida gaan haal het. Foto: Werner Beukes

Andries van Aswegen en Carmin van Wyk (albei 18) het ook Woensdag hul punte by Hoërskool Florida gaan haal. Andries se droom is om eendag as beroepsrugbyspeler bekendheid te verwerf terwyl Carmin kinderkinetika by die Noordwes-Universiteit wil studeer.

Dayton de Jongh (18) van Hoërskool Monument in Krugersdorp gaan op ’n plaas in Virginië in Amerika werk.Foto: Werner Beukes

Dayton de Jongh (18) van Hoërskool Monument in Krugersdorp gaan as op ’n plaas in Virginië in Amerika werk en terselfdertyd voelers uitsteek na ’n paar rugbyklubs vir ’n moontlike kontrak.

“Ek het verlede jaar as haker vir Monnas se eerstespan uitgedraf, so rugby is beslis deel van my toekomsplanne,” sê Dayton wat sy spel op die woelige Springbok Malcolm Marx skoei.

Xander Juhl-Jurgens (18) en sy vriendin Viandré Pansegrouw is in hul skik met hul matriekuitslae. Foto: Werner Beukes

Xander Juhl-Jurgens (18) en sy vriendin Viandré Pansegrouw is ook in hul skik met hul matriekuitslae. “Ons vul mekaar goed aan en het vir die rekord- en eindeksamen saam studeer. Ek het hom gehelp met sy tale en hy het wiskunde, een van die vakke waarmee ek nou weer sukkel, meer verstaanbaar gemaak,” sê Viandré van Hoërskool Monument. Xander van Hoërskool Noordheuwel se raad aan 2020 se matrieks is om die ABC-metode oftewel “apply bum to chair” studiemetode te volg.

Meer oor:  Wes-Rand  |  Matriekuitslae  |  Toppresteerders  |  2019  |  Matrieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.