Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Fisiese wetenskap: Getroue matrieks sal goed beloon word

Matriekleerlinge wat ou vraestelle ter voorbereiding van die eindeksamen uitgewerk het, sou breed glimlag ná Vrydag se eerste fisiese wetenskap-vraestel.

Celeste Labuschagne van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Wetenskap-onderwysersvereniging, sê die vraestel gaan leerlinge wat getrou gewerk het, met goeie punte beloon.

“Ek glo die vraestel was regverdig en dat leerlinge ondanks die koronavirus goeie punte kan behaal as hulle deur die jaar hul kant gebring het.”

Die eerste vraestel fokus op fisika en volgens Labuschagne is daar niks vreemds gevra nie.

“Wat die meervoudige keusevrae betref, was daar hier en daar ’n vragie wat die leerlinge dalk ’n bietjie langer sou laat kopkrap, maar oor die algemeen sou hulle dit maklik kon beantwoord.

“Daar was plek-plek vrae wat van die leerlinge verwag het om meer as een beginsel of konsep te oorweeg om by die korrekte antwoord uit te kom, maar dit was nie onbillik nie,” sê sy.

“Daar was vanjaar ’n vars benadering wat die definisies betref en daar is soms ander definisies as gewoonlik gevra. Dit het egter nie bygedra tot die moeilikheidsgraad van die vraestel nie. Inteendeel, ek dink sommige definisies is makliker om weer te gee as dié wat gewoonlik gevra word.”

Sy sê die vraestel se langer vrae is goed gestel.

“Die drywingskinkel in vraag 5 kon leerlinge ’n bietjie onkant vang en laat kopkrap, maar dié soort kinkels is nodig en daar was min daarvan in die vraestel.”

13 van die eindeksamen se 30 dae is nou verby, met meer as helfte van die 216 vraestelle wat reeds geskryf is.

Matrieks skryf Maandag fisiese wetenskap se tweede vraestel, wat op chemie fokus.

Meer oor:  Matriek 2020  |  Fisiese Wetenskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.