Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Fisika ‘beter as rekordeksamen’ – Oranje-meisies

Matrikulante aan die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein kan die naweek met ’n geruste hart vir Maandag se chemie-vraestel leer nadat dit Vrydag goed met hulle in fisiese wetenskap se fisika-vraestel gegaan het.

Dié vraestel van 150 punte met ’n tydsduur van drie uur handel onder meer oor momentum en impuls, vertikale projektielbeweging, die Doppler-effek, elektriese stroombane en die foto-elektriese effek.

Kayla de Jager sê die moeilikheidsgraad van die vraestel was gemiddeld. Die laaste vraag, vraag 10 oor die foto-elektriese effek, was vir haar die moeilikste omdat sy nie baie aandag aan die hoofstuk daaroor gegee het nie.

Vir Cora Groenewald was die vraestel “redelik oukei”.

“Ek dink dit was selfs ’n bietjie makliker as in die rekordeksamen,” sê sy.

Matrieks aan die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein meen Vrydag se fisika-vraestel van die fisiese wetenskap was beter as die rekordeksamen. Van links is Cora Groenewald, Kayla de Jager, Annemé van Tonder en Katia Geustyn. Foto: Mlungisi Louw

Daar was egter hier en daar vangplekke, soos by vraag 8 oor elektriese stroombane.

Cora sê leerlinge moes hier ’n vangplek raaksien, waarop die res van die vrae gevolg het.

Sy is bly dié vraestel is agter die rug want daar lê nog baie studiewerk voor vir die chemie-vraestel.

Ook vir Katia Geustyn was die vraestel beter as in die rekordeksamen.

“Ek het eintlik baie lekker geskryf.”

Sy het die vraag oor die foto-elektriese effek geniet en sê die grafiek kom net so uit die handboek.

Katia sê die vraag oor elektriese stroombane was die moeilikste in die vraestel, weens die vangplek, maar sy kon dit darem beantwoord.

Annemé van Tonder voel baie positief oor die vraestel en sê dit was makliker as verwag. Baie beter as die rekordeksamen.

“Ek sukkel baie meer met dié vraestel as die chemie s’n. Nou was hierdie een maklik. Nou moet Maandag s’n moeilik wees?” wonder sy.

Sy het nie gesukkel nie, selfs nie met die elektriese stroombane, wat sy gewoonlik moeiliker vind nie.

Annemé was reeds ’n uur voor die tyd klaar en kon haar antwoorde goed deurgaan voordat die tyd verstreke was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.