Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Geskiedenis-vraestel toets ook redenasie en ontleding

Die eerste geskiedenis-vraestel wat Donderdag geskryf is, was “nie ’n vulletjie nie” en matrieks se kennis, redenasievermoë en analitiese vaardighede is getoets.

Die eerste vraestel fokus op internasionale geskiedenis, terwyl die tweede vraestel na Suid-Afrikaanse geskiedenis kyk.

Hybre Schoeman, geskiedenis-onderwyser vir gr. 12 by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, sê haar leerlinge het meestal lekker geskryf.

“Hier en daar het hulle met tyd gesukkel, die opstelle vat maar lank. Maar hulle voel hulle was goed voorbereid en veral by die bronvrae het hulle geweet wat om te verwag.”

Leerlinge kry vier brontekste wat ’n toespraak, brief, spotprent of koerantopskrif kan wees. Hulle moet dan toepassingsvrae hieruit beantwoord.

“Hulle moet die bron ontleed, opinies vorm, stellings maak en kommentaar lewer,” sê Schoeman.

Kandidate moes baie mooi lees om te verstaan wat gevra word. Hulle moes hul tyd vat en van die vrae dalk herhaaldelik lees.

“Hulle moet ook die bron self beoordeel om te kyk of dit betroubaar en bruikbaar of nuttig vir ’n geskiedkundige is.”

Schoeman sê dié vrae verg fyn, kritiese leeswerk.

Die vrae in Donderdag se vraestel is volgens haar reguit gestel, hoewel twee vrae se sinskonstruksie lank was.

“Kandidate moes baie mooi lees om te verstaan wat gevra word. Hulle moes hul tyd vat en van die vrae dalk herhaaldelik lees.

“Vraag 6 oor die burgerregte-beweging was wonderlik. Dis presies wat ons verwag het, ek dink dit het almal wat dalk ’n bietjie onseker was ’n boost gegee.”

Dr. Pieter Warnich, adjunkdirekteur van die Noordwes-Universiteit se skool vir besigheid en sosiale studies in onderwys, sê die vraestel is goed met die eksamenvoorskrifte belyn.

Hy sê die kognitiewe vereistes vir die bron-gebaseerde vrae in afdeling A, waar leerlinge minstens een moes beantwoord, stem min of meer ooreen, wat goeie balans in die moeilikheidsgraad skep.

“Die eksaminators verdien ’n pluimpie dat hulle die bronne korter gemaak het as in die verlede, wat onnodige lang leeswerk uitskakel,” sê hy.

In afdeling B, wat uit opstelvrae bestaan, dink Warnich vraag 4 was die mees uitdagende.

“Daar word van die leerlinge verwag om standpunt in te neem ten opsigte van ’n stelling wat gemaak word oor China se Derde Vyfjaarplan (Kulturele Revolusie) wat ingestel is om die uitdagings van die Tweede Vyfjaarplan (die Groot Sprong Vorentoe) ongedaan te probeer maak.

“Dis interessant dat daar vir die eerste keer na ‘Vyfjaarplanne’ verwys is, wat dalk sommige leerlinge aanvanklik die skrik op die lyf kon jaag, maar gelukkig is die meer bekende terminologie in hakies daarnaas geplaas,” sê hy.

Schoeman dink by vraag 4 was dit moeilik om die argument te identifiseer.

“Baie leerlinge het gesê hulle het met selfvertroue dadelik gesien wat moet hulle doen, maar ek dink van jou gemiddelde en swakker kandidate kon dalk oorweldig voel met die lang vraagstelling,” sê sy.

Dis interessant dat daar vir die eerste keer na ‘Vyfjaarplanne’ verwys is, wat dalk sommige leerlinge aanvanklik die skrik op die lyf kon jaag, maar gelukkig is die meer bekende terminologie in hakies daarnaas geplaas.

Warnich sê die algehele vraestel was billik en gebalanseerd.

“Dit toets nie net kennis nie, maar ook die begrip van geskiedenis waar geleentheid geskep is vir multi-perspektiewe en waar daar ook van die leerling verwag word om verskeie historiese vaardighede toe te pas.”

Meer oor:  Matriek 2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.