Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Geskiedenis vraestel twee te maklik vir matrieks
Jana Basson
Jana Basson

Te maklik en té lekker.

Só sê matrikulante van Hoërskool Stellenbosch wat Dinsdag die tweede vraestel van geskiedenis geskryf het.

Dié vraestel het uit twee afdelings bestaan met vrae oor die burgerlike verset teen apartheid, die verskeie optogte van swart leerlinge teen die Bantoe-onderwyswet, die Soweto-opstande in 1976, die druk wat verskeie internasionale anti-apartheidsorganisasies op Suid-Afrika gesit het wat tot die val van die apartheidsregering in die 1980s gelei het asook die einde van die Koue Oorlog en begin van ? nuwe wêreldorde en die invloed daarvan op Suid-Afrika.

Louis Bester sê die vraestel was taamlik maklik en hy het glad nie gesukkel nie.

“Ek het lekker geskryf. Ek het my werk geken.”

Louis sê daar was net 15 sekondes oor toe hy nog besig was, maar hy kon die vraestel betyds voltooi.

“Ek het ook nie by enige vrae vasgehaak nie. Van die vrae het net baie skryfwerk vereis, maar andersins het ek geen probleme ondervind nie.”

Louis sê hy het hard geleer vir vandag se vraestel.

“Geskiedenis is my gunstelingvak en gewoonlik die een waarin ek die beste presteer. Ek geniet geskiedenis en dit is vir my baie interessant. Dit is daarom vir my maklik om te leer en al die inligting in te neem.”

Jana Basson sê die vraestel was billik.

Louis Bester
Louis Bester

“Die tweede vraestel was vir my makliker, maar ek glo dit is omdat ek twee langvrae gedoen het, terwyl ek in die eerste vraestel twee bronvrae gedoen het. Die langvraag is altyd vir my makliker, want jy weet presies wat hulle vir jou gaan vra. As jy goed voorberei het, kan jy rustig wees.”

Jana sê daar was oorgenoeg tyd om die vraestel te voltooi.

“Ek het lekker rustig geskryf.”

Jana sê verder dat sy so bietjie by die bronvrae vasgehaak het.

“Dit het insig geverg en ek het bietjie vasgehaak net om presies uit te vind wat hulle nou eintlik van my vra en hoe om dit te antwoord. En natuurlik by die langvraag wanneer jy weet jy vergeet iets, maar nie kan onthou wat dit is nie.

“My “wenresep” wanneer dit by geskiedenis kom, is om na ou vraestelle se memorandums te kyk en jou langvraag voor die tyd uit te werk. En maak altyd seker jy weet wat daar vir jou gevra word,” sê Jana.

Matrieks skryf Donderdag geografie se eerste vraestel in die oggendsessie en dan geografie se tweede vraestel in die middagsessie.

Meer oor:  Matriek2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.