Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Klas wóú slaagsyfer drasties verbeter
Daar was groot vreugde oor Philasande Bugqwangu se uitslae. Foto: Adrian De Kock

Vasbeslotenheid en ’n “sterk wil om sukses te behaal” het verlede jaar se matrieks aan die Masibambisane High School in Delft, Kaapstad, aangespoor om hul skool se matriekslaagsyfer drasties te verbeter.

Dié hoërskool wat voorheen swak gevaar het, het die slaagsyfer in die afgelope eksamen met 31,1 persentasiepunte verbeter van 48,1% in 2017 tot 79,1% vanjaar.

Dit was ’n naelbyt-ervaring vir die matrieks én hul ouers waar hulle gewag het vir die uitlees van die name.

Oudleerlinge en ouers is deur die skoolhoof, Kayaletu Boesman, en Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR van onderwys, toegespreek.

Boesman het trots gesê dit is ’n besonderse dag vir die skool, die gemeenskap en die matriekklas van 2018.

“Julle het ons trots gemaak vandag. Al was dit moeilik, het jul harde werk nie jul dood veroorsaak nie. Nou kan julle die vrugte pluk.”

Nozakhe Zoyi, het in trane uitgebars toe sy haar dogter Zakhe (17) se uitslae kry. Foto: Adrian De Kock

Boesman sê die leerlinge van dié skool, in ’n arm gebied met baie misdaad en bendegeweld, kan nou ook hul koppe omhoog hou.

“Ons het nuwe strategieë ingebring en doelwitte vir elke leerling daargestel. Nou kan ons net voortbou op dit wat ons verlede jaar bereik het.”

Asiphe Bobile, die skool se toppresteerder, het gesê hy is verheug oor sy uitslae en wil verder gaan studeer. ’n Klasmaat, Philasande Bugqwangu, het gesukkel om sy opwinding in toom te hou.

Nozakhe Zoyi het in trane uitgebars toe sy haar dogter Zakhe Zoyi (17) se uitslae by Schäfer gekry het.

Zoyi het die LUR en skoolhoof ingelig dat haar dogter, wat met ’n onderskeiding geslaag het, in die feestyd in die hospitaal opgeneem is. Diabetes is by haar gediagnoseer.

Nozakhe Zoyi, het in trane uitgebars toe sy haar dogter Zakhe (17) se uitslae kry. Foto: Adrian De Kock

Sy was in die eksamentyd reeds siek.

“Ek blameer myself, want ek het gedink dis net angs oor die eksamen wat haar so moeg laat voel het. Ek weet my kind gaan teleurgesteld wees omdat sy nie so goed gevaar het in haar gunsteling-vakke, soos wiskunde en fisiese wetenskap nie.

“Ek is trots op haar, maar ek weet dat sy haarself gaan verwyt omdat sy beter kon doen. Sy het so gekla dat sy siek en moeg voel – ek moes geweet het.”

Zakhe was sedert 28 Desember in die hospitaal, maar sterk nou tuis aan.

Meer oor:  Delft  |  Matriekeksamen2018  |  Matrieks  |  Matriekuitslae2018
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.