Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Kommer oor protesaksie wat matrieks kan benadeel

Die Wes Kaapse onderwysdepartement (WKOD) is bekommerd oor matrieks wat probleme het om by hul eksamensentrums uit te kom weens die gewelddadige protesaksie wat Donderdag in die Khayelitsha-omgewing uitgebreek het.

Verskeie paaie, wat insluit die N2-snelweg moes noodgedwonge gesluit word toe inwoners voertuie met klippe bestook en busse, motors en vragmotors aan die brand gesteek het.

Betogers het ook mense geïntimideer en met klippe en bakstene gegooi.

Drie Golden Arrow-busse, ’n vragmotor van ’n kettingwinkel, ’n motor en twee graafmasjiene is Donderdagoggend in Makhaza, Kaapstad, aan die brand gesteek en heeltemal uitgebrand toe betogings douvoordag handuit geruk het.

Betogings in Khayelitsha ruk handuit. Foto: Jaco Marais

In Khayelitsha het gemoedere hoog geloop en ouers van matrieks wat hul eindeksamen moet gaan skryf, was paniekerig oor paaie wat ontoeganklik was en het gesukkel om hul kinders by die skool te kry.

Bronagh Hammond, WKOD-direkteur van kommunikasie, sê ingevolge die regulasies vir die nasionale eksamen laat hulle kandidate toe om tot 10:00 te begin skryf.

“In die lig van die ontwrigting wat veroorsaak word deur die protesaksies, sal ons heeltydse leerlinge toelaat as hulle omstreeks 10:00 aanmeld by hul eksamenlokale.

“As hulle nie teen 10:00 kan begin skryf nie, sal ons met die departement van basiese onderwys praat om ’n nood-vraestel te skeduleer as groot getalle leerlinge nie by hul eksamenlokale kan uitkom nie,” sê Hammond.

Francois De Wet, ’n motoris wat met klippe bestook is. Foto: Jaco Marais

Kandidate kan nie by ander sentrums gehuisves word nie, omdat daar geen plek is en sosiale distansiëring nie gehandhaaf kan word nie.

Bykomende vraestelle is ook nie beskikbaar nie en die administratiewe stelsels sal dit nie kan akkommodeer nie.

“Ons doen ’n beroep op gemeenskappe om die kandidate en hul toekoms in ag te neem. Hulle het vanjaar al soveel deurgemaak, en sulke optrede het uiterste gevolge vir die leerlinge,” sê Hammond.

Meer oor:  Khayelitsha  |  Protes  |  Matrieks 2020  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.