Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Koos Kombuis se seun behaal 8 onderskeidings

Koos Kombuis se seun het nie sý gene nie.

Só sê die Afrikaanse musikant nadat sy seun, Simon du Toit (18), matriek met agt onderskeidings geslaag het. Simon is Dux-leerling van die Somerset West Private School.

“Ek is glad nie akademies aangelê nie. Ek het skool deurgeskraap,” sê Koos.

Simon du Toit (18)Foto: Verskaf

“Simon en Marleen se ma (Esné) is die slim een. Ek is die kreatiewe een, maar nie ’n georganiseerde denker nie.”

Simon het tussen 90% en 98% vir al sy vakke (Engels Huistaal, Afrikaans eerste addisionele taal, wiskunde, gevorderde programwiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, inligtingstegnologie en fisiese lewenswetenskappe).

“Ek is baie bly en trots, want ons het hom nooit gedruk nie. Hy het baie hard gewerk en ons het nooit nodig gehad om vir hom te sê hy moet gaan leer nie. Hy is self-gemotiveerd. Hy het skool geniet en dit is belangrik.”

Koos sê Simon se kennis en belangstellings strek verder as die skoolboeke.

“Hy het baie belangstellings, onder meer geskiedenis en politiek. Hy het ook vriende oor die wêreld heen.”

Simon gaan hierdie jaar BSc(Wiskunde Inligtingstegnologie) aan die Universiteit Stellenbosch studeer.

“Ek is ’n Afrikaner – ek gaan Stellenbosch toe,” het Simon aan sy pa gesê.

Koos het met sy seun op Facebook gespog.

“Dux-leerling. En ’n 8ste A vir AP Maths. Ek is ’n baie trotse pa vandag. Dankie, Simon,” het hy by ’n foto van Simon se matriekuitslae geskryf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.