Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Kraampyne keer meisie nie om vraestel te voltooi

’n Matriekleerling in Gauteng het Vrydag erge kraampyne geïgnoreer en vasgebyt om eers wiskundige geletterdheid klaar te skryf.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, sê die 17-jarige leerling het kraampyne begin kry terwyl sy eksamen geskryf het.

“Sy wou niks hoor van mediese behandeling nie en het haar eksamen geskryf in ’n private kantoor.”

Paramedici het by die skool in Tsakane in Ekurhuleni opgedaag, maar moes 30 minute wag sodat sy die vraestel kon voltooi.

“Sy is na ’n plaaslike hospitaal gebring waar haar baba gebore is,” sê Mabona. Hy sê reëlings is getref om dit vir haar moontlik te maak om die res van haar eksamen te skryf.

Sy is na ’n plaaslike hospitaal gebring waar haar baba gebore is.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het die nuus oor die voorval op Twitter gedeel.

Mabona sê hoewel dit nie ideaal is nie, laat die bestaande beleid toe dat swanger leerlinge met hul studies voortgaan.

“Jong mense behoort hul eerste seksuele ervaring uit te stel. Dis nie gewens dat hulle kinders kry terwyl hulle nog op skool is nie omdat die verantwoordelikheid van ouerskap ’n negatiewe uitwerking het op hul vermoë om met hul studies voort te gaan.”

Volgens Mabona bied sy departement verskeie programme aan wat vroeë seksuele bedrywighede ontmoedig, onder meer lewensoriënteringsprogramme wat op algemene persoonlike welstand fokus.

Lesufi het gesê hy sal die meisie besoek in die Pholosong-hospitaal in Tsakane.

Hy het ook aangekondig ’n leerling van die George Khosa Secondary School in Dobsonville, Soweto, is doodgeskiet in ’n gewapende rooftog Vrydag in die vroeë oggendure in sy huis in Braamfischerville. Die polisie ondersoek sake van moord en roof.

Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  Steve Mabona  |  Gauteng  |  Ekurhuleni  |  Matriekeksamen2019  |  Matriekeksamen  |  Matriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.