Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
KYK: L-wetenskap: Hier en daar ’n vreemde vraag

’n Paar vrae in die lewenswetenskap-vraestel, wat matrikulante Vrydag geskryf het, kon hulle onkant betrap het, sê onderwysers.

Dié leerlinge van die Hoërskool Oosterlig in Boksburg aan die Oos-Rand loer by die lewenswetenskapklas uit. Van onder is Yuanese Botha, Anzél Steyn, Rochelle van den Berg, Rushada Schutte en Llewelyn Marais. Foto: Arisa Janse van Rensburg

Volgens Sanet Steyn, ’n onderwyseres aan die Hoërskool Bergvlam in Mbombela, Mpumalanga, was die vraestel billik.

“Hulle het dit beslis op ’n nuwe en interessanter manier gevra en ek dink die kinders moes mooi dink. Al wat vreemd was, is die langvraag waar hulle planthormone met gehoor gekombineer het,” sê Steyn, wat al 30 jaar in die onderwys is.

Sy glo wel die vrae was nie onredelik nie en dat leerlinge wat hulle goed voorberei het, ’n onderskeiding sal kry.

Shanaaz Steenkamp, onderwyser by die Hoërskool Beaufort-Wes in die Noord-Kaap, sê dit was ’n billike en goed gebalanseerde vraestel.

“Ek glo en vertrou die matrieks kon dit goed beantwoord.”

Sy sê sy kan ook verstaan waarom matrieks die vraag oor die voorbehoedpil moeilik kon vind.

“Hulle verwag dalk nie so ’n vraag nie, maar as hulle mooi gelees het en goed afgelei het, sou hulle die vraag kon beantwoord.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.