Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
KYK: ‘Maklike vraestel twee vir Engels’ sê matrieks

Leerlinge van die Hoërskool Marais Viljoen in Alberton aan die Oos-Rand is tevrede met die vrae wat in Woensdag se Engels vraestel twee gevra is.

Die leerlinge het of Engels eerste addisionele taal (EAT) of huistaal geskryf, maar almal was dit eens dat die vraestel makliker was as wat hulle verwag het.

Derik van Zyl (18), onderhoofseun van die Hoërskool Marais Viljoen. Foto: Arisa Janse van Rensburg

Derik van Zyl (18), wat EAT geskryf het, sê die vrae oor die kortverhale was vir hom makliker as die poësie. “Die gedigte se detailvrae was bietjie moeiliker met al die verskillende metafore en vergelykings, maar dit was vir my ’n maklike vraestel.”

Vir Rynard Koekemoer (17) was dié vraestel ’n “groot verligting”. Hy meen dit was makliker as die rekordeksamen en dat die kortverhale-afdeling vir hom meer uitdagend as die poësie was.

Nog ’n EAT-kandidaat, Heinrich Krause (18), sê die kortverhaal Next door se vrae was vir hom moeiliker, maar dat die tydsindeling vir die vraestel billik was.

“Die vraestel was maklik,” sê Marizel Dreyer (18), wat ook EAT geskryf het. Sy glo ook dat die poësie-vrae makliker was as in die rekordeksamen.

Die leerlinge wat Engels huistaal geskryf het, was ewe beïndruk met hul vraestel.

Rynard Koekemoer (17)Foto: Arisa Janse van Rensburg

“Ek het vraag drie en vier, die poësie, betreklik maklik gevind,” sê Bontle Mokoena (17). Sy sê sy het meer as genoeg tyd gehad om haar opstelvraag, wat sy oor The Picture of Dorian Gray gedoen het, te voltooi.

“Die vrae oor Hamlet was aan die moeiliker kant,” sê Cameron Uys (18), “Maar ’n mens kan nie regtig leer vir kontekstuele vrae nie. Anders as dit het ek goed geskryf en ek dink ek sal goed vaar.”

Vir Jenna Busscher (18) was die huistaal-vraestel makliker as die rekordeksamen. “Ek het die Hamlet-vrae geniet. Dit was ingewikkeld, maar regverdig,” sê sy.

“Ek het afdeling A met die poësie betreklik maklik gevind, maar ek hou van poësie en dink ek verstaan dit beter as drama of prosa,” sê Ané van Zyl (18).

Die matrikulante skryf op 26 November Engels vraestel drie.

Heinrich Krause, Rynard Koekemoer, Marizel Dreyer en Derik van Zyl van die Hoërskool Marais Viljoen. Foto: Arisa Janse van Rensburg
Heinrich Krause (18)Foto: Arisa Janse van Rensburg
Bontle Mokoena (17) Foto: Arisa Janse van Rensburg
Cameron Uys (18)Foto: Arisa Janse van Rensburg
Jenna Busscher (18) van die Hoërskool Marais Viljoen het Woensdag die tweede Engelse huistaal vraestel geskryf. Foto: Arisa Janse van Rensburg
Ané van Wyk (18) Foto: Arisa Janse van Rensburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.